Haikoe-kompetisie: 9 Haikoes deur Kobie Korf

  • 0

 

3
Hitler luis hond vark
kom vanaand oor vir ete
ons wil jou vergas

4
Ons hou maar feeste
niemand om oor te huil nie
troos my nasietrots

5

Daagliks lyn uitgooi
waar kom tog my brood vandaan
ewig slaaf ek vir my

6

Ore spits vir nuus
om meer te kan weet my kind
liegbek skinderbek

7

Wind so onplesierig
nee Ma dis borrelfeetjies
blaas jou kop mooi skoon

8

Eers haikoe watwou
nou is dit "hi koe en tee"
ore oor verlief

 

9

Buurvrou blaas stoom af
hy bid haar kwota raak op
krys van hadida

10

Ek wil nog dit dat …
die lysie word Everest
koop vir my ’n uur

11

Joe spog met sy dop
skink windgat uit "brand"-bottel
"sjt, my camouflage"


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top