
sonder om te raak
glip die maan deur kaal bome
smagtend na somer
mooier as lente
se eerste blare blomme
’n baba wat lag
klein koejawelboom
vrugte in blink oggenddou
my ma voor haar dood
waar wind laas winter
takke afgeskeur het groei
weliger lote
knus in ’n nessie
in twee eiertjies knusser
vinke ontelbaar
ligter as ’n wolk
in ’n wolklose ruimte
’n jong Krapnewel
’n kleuter struikel
rooi strandbal voor ’n motor
die heelal sidder
op slagvelde bloed
son en kasteel gaan onder
kom vinnig weer op
die son vang vlietend
die blink sy van ’n kurper
koester dit ewig


