Haikoe-kompetisie: 8 haikoes deur Johanna Fourie

  • 0

 

haikoe 1

rooibal sak die son
word kortstondig deurboor deur
garingboomspiespunt

haikoe 2

tarentaal draf-trap
krrr-kr-kr met vlerkeklap
bo-oor brandwarm sand
 

haikoe 3

maan rimpel en wieg
blink gesliert deur blaar en tak
in poel windverwaaid
 

haikoe 4

tolbos om en om
oppas! jy’s jou rigting kwyt!
doringgreep – winduit
 

 

haikoe 5

Vinke sketterskel
onderstebo aan oopbekneste
krokodil-oog loer

haikoe 6

’n wolk in die see!
skool vis gooi sy skaduwee
mossels krimp ineen
 

haikoe 7

fisant raas en skel
téén lug wat deins en bewe
dink dis iets wat lééf
 

haikoe 8

knal deur die stilte
’n tak te swaar met ys-las
misleidend vloksag
 
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top