
Kom op ’n reëndag
Kom drink bossietee en steel
die stoom se asem.
reën dreun neer
in klakkelose weersin
op tere gemoed
my haikoe eggo
soos ’n hond se blaf. die wind
’n besem oor die sand
daar waar die stoep nat
en die wolke dig is hier
sweef die eggo’s nou
hoor hoe skreeu die meeu
luister: jy hoor haar verlangs
krys: ’n oop gebed
die lug hang swanger
swaar die grys, die krys
die pryssang en lof
tog verdof die glim
die rande van die wolke
versomber tot swart
![]()
en lig flits soos pyn
’n oopgevlekte leuen
soos die water breek


