Haikoe-kompetisie: 7 Haikoes deur Myra Lochner

  • 1

 

 

haikoe 1
 
waterrimpeling
vis seepgladde gedagtes
uit blou hemelpoel
 
haikoe 2
 
herfshemel
flikkergrensgoud
tussen ooglede
 
haikoe 3
 
winterson
in mantilla van mis
sweef verby
 
haikoe 4
 
somersonsoen
in my nek
siddersensasie
 
haikoe 5
 
outeniqua
teen wintergrou
berg bababome
 
haikoe 6
 
oggendmaan
tussen grou wolke
doudruppel
 
haikoe 7
 
lentereën
kabbel
riviermusiek

  • 1

Kommentaar

  • Reda Spulhaus

    Hello Myra
    Ek is Reda. My oom Gerhard Dreyer het ook haikoes geskryf. En jy het my ma hulle besoek in Natures Valley. Ek sou graag met jou wou gesels. Ek skryf ook... “soortvan”. Ek glo ek het skryf talent en hoop dat jy my sal kan “leiding” gee. Ek het baie om oor te skryf.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top