
Tussen die grens
van liefde en waarheid,
klim harte draad.
Tyd bloei ...
deur krake van jare
stil
My tong draf in die skoen van verlange se hanetreetjies na jou
om en oor ’n dag se oogwink –
blou.
Die somerwind fluisterblind
soos die nanag
vrolik soos ’n danser
Krieke kriek in die verte
wyl daar iewers iets naby
die skemeraand roep.
Wit planeet in die hemel vergeet
knip sy oog misleidend
niks geraak na die son.
Die dag verlos die nag met smagting na
verandering tot nag gedweë die dag
verplig tot gewaarwording.


