Haikoe-kompetisie: 7 Haikoes deur Anna-Mart Bonthuys

  • 0

 

aan die kanferfoelie
by die hekkie   bengelend
’n suikerbekkie

 

vertrek

vanoggend die swaeltjies
ry op ry styf ingerygde
opgepofte kraaltjies

 

ICU

in die klein ligkol:
hoe trane, bloeding en tyd
bleek tot stilstand stol

 

alleenreis: klm 319

mensdom op schiphol
een dreun van komen en gaan
jou plek ’n hol kol

gasvryheid

oop-arms staan my huis
vir geitjie   sprinkaan   spinnekop
kriek en mier en muis

 

stof tot stof

vier vlindervlerkies
gehawend    broos    dor soos gras
dwarrel teen my vas

 

heimwee

namakwasand se loop
bossies klippies stokkies sade
ver-kyk se ooptes


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top