
haikoe 1
wit geryp
kreun die plaasoggend wakker
yskoue nartjiesproei
haikoe 2
oranje kappertjiebos
oorval baldadig
geurige roosmaryn
haikoe 3
oorlaaide boepens verfkwas
dompel in water
dansende kleur
haikoe 4
oggendmis hang soos wolke-kussings
gondolas vleg verby die ou balkon
histeriese vrou spring
haikoe 5
Vars parfuum – kaneel, nartjie, sederhout
vlugtige soen
motorsleutels
haikoe 6
sterk wolke-koffie
vuurwarm
in ’n glas


