Haikoe-kompetisie: 5 Haikoes deur Wilna Meyer

  • 0

 

haikoe   1                             

Walvis blaas uit
sprei blink druppels skuim
oor blou eindeloosheid

haikoe  2

Die somerblare speel
grys en groen grys en groen
in winde van verandering

haikoe  3

’n Vis spring uit
die water kring op kring
om my diep hartseer

haikoe 4

Waar slaap jy elke nag
wie is jy wat hier kom klop
ek is bang

haikoe  5

Kaal populier
oranje herfs vergete
sirkelgang van wees


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top