Haikoe-kompetisie: 5 Haikoes deur Jacqui Williams

  • 0

i

Met geswolle hegdraad hekel jy
'n mussie vir my maag
in binnewandpienk

ii

Donker jou krulle en sag op my wang
bitter die wol op my tong
sout sug die heuwel

 

iii

Ruik, proe die branders aanstoot
seeskulp bitter klip frank
bedrup is ek en ek drup

 

iv

Van appelkoos na dieprooi roos
die vlamme lek-lek
nouliks ontkom ek hierdie keer

 

v

Dan oop is die kloof en wa se wyd
alpad opdraand die soutpan uit
want witterig en koel is die stroom

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top