Haikoe-kompetisie: 4 Haikoes deur Juanita Prinsloo

  • 0

 

1.
middagson kruip aan
akkedis broei op ’n klip
laat sy stert agter

2.
met net drie lyne
vang die wêreld soos ’n vis
als word ’n haikoe

3.
die woorde raak laf
als klink soos vyf-sewe-vyf
diep in November

4.
ek was toe verkeerd
dis nie vyf-sewe-vyf nie
maar ’n blaar wat roer


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top