
haikoe 1
Golwe straal die middagson
die see verpienk
donkerpers sinkplaatpad
haikoe 2
Skugter skildwag
waak oor rose
ruik die rooi
haikoe 3
Kouer dae word sigbaar
in geel en rooibruin loof
die geur van vallende blare
haikoe 4
Swart klip breek
plotseling die spieël
dertien kringe golf landwaarts


