
Haikoe 1
wind doen dit vir my
dit bring verandering mee,
gee die eerste tree.
Haikoe 2
Kyk hoe waai die wind
blare skarrel rond en bont
onrustigheid heers.
Haikoe 3
Ek gee jou te raai
Kaapse dokter aan bewind
spinnerakke waai.
Haikoe 4
Sout en peper staan
soos ’n eg huwelikspaar
hou hul bymekaar.


