Haikoe-kompetisie: 20 Haikoes deur Werner Schmidt

  • 0

 

1. Myra
Myrakel droom vry
kortgekuierde kerse
wolke bly vir Sy

2. Org
Orgidees bring hy
bloedrooi rooiwyn gee Water
Augustwinde vlei

3. Cindy
Cindylik omhels
lief nou-Picasso-muse
kat, Lewe se pels

4. amperbloeisel
lente loer vir my
vries herinnering verby?
perskepienk ontplof!

5. twee haikoes: Osbloed-ode
Rooiwynkurk maak "POP!"
Osbloed vloei in nugter kop
Nou net wag vir tjop ...

Eerste bottel op
Osbloed maak my prikkelpop
Gasheer in sy nop

6. Boeddha
boeddha lag so vet
veel ryk borsmelk wat hy het
pragtag skeef blou pet

7. brul
tikster harley dave
vloek gereeld laat hom stokstyf
sensuele lyf

8. sy looi!
swartoognooi vuurkroon
vermag dit waarvan ek droom
blom lief sonder skroom

 9. fundamentalis

militant pateet
patologiese profeet
hamer wat hul "weet"

10. evolueer
elektries kitaar
staan spring geweld, gebaar uit
klassiek flamenco

11. element
naukluft helder veld
vuurhooimied om windpomp speld
seënings ongeteld

12. konsepsie
rooiwyn glip, verdwyn
mmm ... mooiste minnemaanskyn
wees my valentyn ...

13. e-pos
week terug skoongemaak
bliksem ek's nou bedonnerd
al weer vierhonderd?

14. midlewe
hoe vermy ek dan
gesig soos ed munch se MAN
skrikskree hand op wang?

15. live strong
fietsry soek hul Hans
wenner rook goud tour de France
kom ons breek ’n Lance

16. zen-nou
hoe vinnig is nou
veronderstel te ontvou
blou my woord se pou ...

17. kul-tuur
oorle' oupa sê
moenie daai kleur mens vertrou:
aanbid voorvaders ...

18. tuin
staan bakarm by boom
kak man uit wat saag aan tak
die "baas" dra ’n rok ...

19. poëties
vrydagmiddag vly
moerkoffie soen grofbeskuit
digterlippe tuit

20. afrikaans
lekker wildehond
loop rond skop asblikke om
dek tewe bring lewe


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top