Haikoe-kompetisie: 11 Haikoes deur Jan Rap

  • 0

 

1
Die reuk van koerant
meng met die brommergeluid
buite draai ’n valk

2
Die skuimpies gly af
en die beker se bodem
draai die wêreld om

3
Akkedis staar stip
maar mot sit sonder kommer
en verdwyn krakend

4
Die spanningslyn styg
en klim en styg en klim tot
die kat knor en blaas

5
Die vuurhoutjielig
teken verkeerde gesig
onnie se lat brand

6
Reuk van leer en sweet
bring donker rus en vrede
ses sewe agt uit

7
Hardloop soos die wind
met opkikkermiddels of
Verbode vrugte

8
die graf in die gras
die verskeurde hart se traan
wêreld ongemoeid

 
9
kolgans roep hartseer
my hart verweek oor dae
reeds lank vergange

10
slaat plat en trap dood
goggas in lewensgevaar
naby ’n vroumens

11
Beplooide oumens
vergete ou siel verkas
niemand huil eers nie


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top