Die mooi het alles weggesterf
Die lentes het verderf
En almal herfs en bruin geword
Want woorde mag nie meer mekaar
In harmonie en lied verklaar
O skone uiting het vergeet
Om ware skoonheid uit te stort
Na waar hy weer ’n vreugd’ verwek
In nóg ’n siel soos ek
die blomme op my tafel
het hartseer geword
en trane gestort
die klein ylblou vaas
het ’n kreet gerinkel
sy inhoud gesprinkel
my wit hande
soos hunkerende maagde
het rooi en nat geword
Gesiggies (reeks)
my hande kelk
om vrugbeginsel-
blink gesiggies
pofferwange
glinsteroog-verwagting
beste-jare-drome
gladde sproete
rooi-lip-lus-vir-lewe
het ek ook eens gesiggie-mooi
op dié verhoog
gedans gelag
gesing ge-laf?


