Haikoe-kompetisie: 10 Haikoes deur Milda Stanton

  • 0

 

Die mooi het alles weggesterf
Die lentes het verderf
En almal herfs en bruin geword

Want woorde mag nie meer mekaar
In harmonie en lied verklaar
O skone uiting het vergeet

Om ware skoonheid uit te stort
Na waar hy weer ’n vreugd’ verwek
In nóg ’n siel soos ek

die blomme op my tafel
het hartseer geword
en trane gestort

die klein ylblou vaas
het ’n kreet gerinkel
sy inhoud gesprinkel

my wit hande
soos hunkerende maagde
het rooi en nat geword

 

Gesiggies (reeks)

my hande kelk
om vrugbeginsel-
blink gesiggies

pofferwange
glinsteroog-verwagting
beste-jare-drome

gladde sproete
rooi-lip-lus-vir-lewe
het ek ook eens gesiggie-mooi

op dié verhoog
gedans gelag
gesing ge-laf?


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top