
Halfpad so laat staan
hang die verlate vinknes
’n harp in die wind.
Tussen swart en wit
is tweekantspieëls geplant.
Dis amper twaalfuur.
Gekneusde siele
afvlerkduiwe in ’n hok ...
Die egskeidingshof.
Geel liggies verbloem
om middernag die onheil
in die donker stad.
Met sonsopkoms
verkry die strakke geboue
’n lagie sagtheid.
Die verste duine
het in die laat namiddag
soms ’n stralekrans.
Wintersonnetjie
selfs jy gee hoop aan twee ou
bladlose bome
Ligblou en groen
uitgestrek reg rondom my![]()
Somerverlange
Ysblou en silwer
’n winterheiligdom
die koue intellek
Die strandlopertjie
speel jy-kan-my-nie-vang-nie ...
Die gety kom in.


