Haar naam was Lisa
VERS 1:
Haar naam was Lisa
Ons het saam gaan fliek,
onder sterre het ek haar gesoen, ek haar gesoen
Haar naam was Lisa,
liewe Lisa skryf ek vir haar 'n briefie
Lisa wat nie wil dans nie.
'n Rivier van liefde het deur my gevloei
oppad na haar huis toe,
my hart het op en af gespring vir Lisa,
liewe Lisa, ja haar naam was Lisa
KOOR:
Lisa jy gee my koue rillings as ek dink aan jou
Lisa, ek wag vir jou
Ek dink aan jou Lisa
dink jy ook aan my?
My hartkloppe klop na jou toe
Ek weet ek wil jou soen
Ek wil jou vry tot in die laatnag onder maanlig
VERS 2:
Die nag is lank
Vat my aan my hand
Lisa vat my aan my hand
My hart staan op die rand
ek wag vir jou aan die anderkant
(KOOR)
BRUG:
My gedagtes droom van jou terwyl ek wakker is in my eie wêreld
en staar na die blou lug deur die glas van die oop venster
Ek sien 'n rooi dak huis so mooi soos jou lippe,
sterre soos in jou oë was toe jy my die eerste keer sien
versteekte wolke soos gevoelens wat jy wegsteek
Trane van blou oor jou rou
lê ek nou hande gevou
en dink aan jou, o Lisa
VERS 3:
As jy soet om my hang,
wil ek nooit huis toe gaan,
ek wil mal raak saam met jou Lisa
Maar Lisa was sy en dis nou verby
ek en Lisa is nou verby


