Haai Woutie, maar dis te wonderlik!

  • 0

Spesiaal aan Woutie se karikatuurmeester.

Jy spog:

Graag soos jy Wikipedia ook al mag plunder, het ek vir die skryf van die onlangse siklus van briewe van my kant dit gebaseer op, The Afrikaners Biography of a People van Herman Gilliomee, Cambridge History of South Africa Volume II, A History of South Africa van Leonard Thompson en South Africa's Brave New World van RW Johnson. Asook die New York Times-argiewe, ’n subskripsie word benodig daarvoor.

CJ Langenhoven het geseg: Dieselfde water wat 'n wyse man se meul draai, verspoel die dwaas se lande ...

En dis waar; kyk net wat met die arme Kobus de Klerk gebeur het – en dit met so 'n wonderlike boek soos die Bybel in sy hande!

Julle ge-aliede groepie kan waarskynlik nie verstaan dat daar mense so dwaas kan wees om van julle te verskil nie: en tog in der waarheid dit wat julle sien, en wat vir julle so oortuigend is, dié het ander ook lankal raakgesien. Dis net dat ander al daarby verby is en meer sien wat nog nie by julle aan die verstand gekom het nie.

Woutie, ek sal nooit waag om myself as 'n gesag voor te hou nie. Dit wat ek met vreugde op die werf deel (en jy met soveel mening minag), is gewoon uit die surplus van my ervaring. Dis soos onse wonderlike filosoof Langenhoven ook geseg het: "Jy moet aan ieder 'n saak soveel verstand en ondersoek bestee as jy redelik tyd voor het: en dan moet jy 'n koers kies. Dit help nie om jou span osse by die uitdraai paaie te laat lê en vrek van die dors terwyl jy beraadslaag watter van die twee paaie die eerste by 'n dam verby gaan nie. Wees twyfelagtig in jou dink, vasberade in jou doen."

Maar Langenhoven het ook geseg: “Moenie skryf om ongevraagde raad aan te bied nie. Jy weet nie of die man nie miskien te dom is om te weet dat jy slimmer is as hy nie. Moenie skryf om te preek nie. Jy weet nie of die man nie miskien self meer besorg is oor sy siel as jy oor joue en syne saam nie.”

Baie dankie!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,

Cornelius Henn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top