"Guts" en "Glory"

  • 3

My laaste opdraf was aan die einde van die 1990-seisoen op 40 jarige ouderdom. Die baadjie van my klub en dié van die sub-unie pas nog. Hier en daar, wanneer daar ‘n tersaaklike “get together” is, trek ek dit aan. Dan word daar dingetjies opgeroep - onthou jy dit, onthou daai. Oor die jare het die gesigte minder geword en ook die kapasiteit vir die 500 ml ‘draughts’.

Dit was die jare toe jy nie ’n “voorie” in die agterlyn gesien het nie. Dink net daaraan: ’n Fritzpatrick, Gainsford, Steward, Osie en baie ander daarna, ontvang die bôl van ’n “voorie” hier tussen hulle. Of ’n Engelbrecht, Mordt, Burger, Nomis kry die bôl op die 10-tree van ’n slot wat hier kom asemskep en toe “‘n breek gemaak het”. Nee, die “coach” het jou uit die agterlyn uitgedonner en vier keer om die veld gejaag. Nee, ons plek was in die pak, die vyf van ons, die spreekwoordelike kombers van daardie tyd.

Indien jy ons manne van daardie era sou kon terugplaas in deesdae se wedstryde, sou ons binne die eerste 10 minute gerooi-kaart word, veral ons “voories”. Nou-ja, dis enkele opmerkings uit my speeldae sodat jy kan opmerk dat ek darem ‘n ietsie van rugby weet.

Dis weer daardie tyd wat elke vier jaar opduik. Die kleinood van die politiek-korrekte verteenwoordigende rugbyspanne. Hoor vanoggend oor RSG ’n baie interessante opmerking. Die verteenwoordiging moet bepaal word deur die aantal geregistreerde rugbyspelers by klubs en streke landswyd. Dan daarvolgens, as dit dan nou moet, moet kwotas bepaal word. Dis ook nie ’n geheim dat die oorgrote meerderheid rugbyspelers sogenaamd “wit” is nie.

Ewenwel, ek het my Aussie-uitrusting uitgehaal, gewas en gestryk, en bo-op die rak gepak. Ek het dit in John Eales se tyd aangeskaf. Toe was die dinge ook rof. Want sou die Springbok-rugbyspan nie my goedkeuring wegdra nie, wou ek ’n span hê wat ek heelhartig sou kon ondersteun. As ander my uitsluit het ek die reg om te assosieer met wie ek wil. Want rugby is nog steeds in my bloed.

Tydens uitsendings van Wayde van Niekerk se goud in 400m en Anaso Jobodwana se brons in 200m by die Wêreldatletiekkampioenskap het ek gesit en hoendervleis kry. Dit was mos my mense en ek eer hulle. Daar was standaarde gestel. Jy moes as die beste dit haal of jy het by die huis gebly.

En daardie om die draai op die baan kom was “Guts en glory” soos mens nie sommer sien nie.

Rugby het ook standaarde. Ek is tevrede met die Springbokspan vir die eerskomende Wêreldbeker. Hy is myne. My wens is dat hulle ’n veertjie uit die hoed van Wayne en Anaso sal haal en letterlik met “blood, guts and glory” die Webb-Ellis vir ons sal kom wys.

Mag hulle die grootste voorspoed beleef.

(En ordentlike refs kry.)

Raed-na-Gael

  • 3

Kommentaar

  • Geluk; om op 40 uit te draf wil gedoen wees.
    Ek is dit eens met jou oor " ... die reg om te assosieer met wie ek wil." Dié wat ek die Portugese span in die afgelope twee sokkerwêreldbekertoernooie ondersteun het; die SA-sokkerspan maak geen geheim daarvan dat my mense onwelkom in hulle span is nie.

  • Jy is baie braaf om op ouderdom 40 nog te probeer.Toe skoollaaities my begin 'Oom' noem en met 'n paar tree klop oor die skuinste (hoek tot hoek- van doellyn tot doellyn) van die rugbyveld het ek besef ek behoort op die pawiljoen en nie op die veld nie.

    Nee ek gaan nie my ouderdom waarop dit gebeur het verraai nie.

  • Manne, dit was 25 jaar gelede ! Ek het destyds op 33 "retire", maar is toe op 35 terug gesmeek om by 2's en 3's "uit te help". Dit moes gehelp het, want ons het na 2 jr vir 3 agtereenvolgende jare die 3de liga gewen. My stut het op 38 provisiaal gehaal.

    Dis maar klein goedjies, maar darem.

    Groetnis

    Raed-na-Gael.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top