g’ruis innie wind

  • 0

(einde April 2013)

noulat Rush in ons stede gat optree,
ons m’t haar soel ingilstem gat v’rras,
sonn’r t’v’rwys na “kleur”, “ras”, “klas”
issie tagtigs wat nog orals toon aangee

Goniwe se ‘Cradock Vier’ nie somm’r gou v’rgete,
vryheidsvegt’rstemme eggo, so visa versa v’n ‘stil’,
nes Rush, sit elk Homo Sapiens, m’t politiek g’wete,
reis WVK tuss’n sessies, ware weg v’reis mosse wil

oppie vlaktes v’n struktuurg’weld, o liewe wee,
is’t klein jakkalsies wat altyd hartseerste skree,
v’ral in frokk’lbaar bar Karoo, hoor’s glo’k ‘glo’,
kanti, Mens se krag kô mos als direk, reg v’n Bo

dring’t selfs onkund’-ontkenn’rsb’wussyn binne,
“Duiw’lspiek”-sieke nie naast’nby by volle sinne

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top