grote g’nugtig

  • 0

lieweste Vader, Mens steeds stil, zwijg’nd,
re volksmoordverdoes’ling, Vlakplaasbraai,
ayi, witborskraai, o Allah, Mens’t glo g’traai,
Naaste t’v’rvloek, nogal so Self-v’rdoem’nd

selfs revisionisme, herskrywing, weergawe,
getuig nie van apartheid se volslae oorgawe,
van alles wat boos, onheilig, rassisties, was,
net so onkommunisties soos Marx se “klas”

V’rhaal, Storie, Imbali, Geskied’nis, g’slote,
onv’rtel, weg’s dié wat ervaar’t wat’t g’beur,
Mens probeer struktuurg’weldskade repareer,
sink Self-destruktieflik in onkund’-slawebote

o liewe Tyd, Millennium Drie, Krisis-’n-al,
goei’ g’nugtig, kyk hoe lyk gans Heelal al

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top