Groot virus

  • 18

Photo: Pixabay.com

Verstaan my mooi. Ek is beslis nie ligsinnig, afsydig en/of onverskillig oor die koronavirus nie. Dit is beslis ’n ramp/pandemie.

Ek is egter baie skepties wat voor die aankondiging van die virus gebeur het en tans aan die gang is. Daar is baie vrae wat in my kop maal oor die aanloop die aankondiging en verloop van die krisis.

Die virus het volgens alle aanduidings in die Sjinese stad Wuhan uitgebreek. Sover dit my kennis strek het dit verlede jaar November reeds die eerste lewens begin eis. Ek kan nie onthou dat daar enigsins ’n ophef van gemaak is nie.

Elke nou en dan word daar ’n nuwe griepvirus wat die rondte doen aangekondig. Almal laat hulle in ent teen die virus. Daar is ook gewoonlik ’n entstof teen die virus. Almal, veral kinders en seniors word gewaarsku.

In 2014/15 het ongeveer 465 000 mense in die land agv verskeie oorsake gesterf. Long/respiratoriese oorsake was sesde op die lys.

Ek staan ook nie afsydig teenoor enige lewensverlies nie. Wêreldwyd uit ongeveer 1.6 miljoen mense wat die virus opgedoen het, plus minus 98 000 noodlottig. Ek vra myself net af: wat maak die virus anders as al die ander? Die SARS-virus was in die vroeë 2000’s ook ’n epidemie.

Is die virus nie dalk so goed promofeer dat dit van ’n gewone siekte toestand tot ’n wêreldwye epidemie bevorder is nie. Die effek en uitwerking sal nooit kan vereken word nie. Die skade aan lande en mense is nie bepaalbaar nie. Daar is baie teorieë bespiegelings en wolhaarstories. Ek sal graag wil weet wie agter die pandemie se “bemarking” sit. Lande naby en rondom Sjina is nie so erg geraak nie. Lande duisende kilometers van die oorsprong is erg beïnvloed. Selfs stede om Wuhan is nie so erg geraak nie.

Het iemand of is iemand nog steeds besig om ons ’n rat voor die oë te draai. Daar is by my baie meer onbeantwoorde vrae as antwoorde.

Intussen sit ons en wag die tyd uit.

Ek wonder net.

  • 18

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, het jy nou voorstedelike legendes ernstig opgeneem?
    Die Plat aarde aanhangers maak my wonder. As die aarde op pilare staan, waarop staan die pilare dan?
    Die virus is nuwe mutasie, soos in 1890's, 1918, 1957, 1968, 2002, 2009 en nou 2020.
    Al wat dit anders maak, is die Grendelstaat gesagsvergrype van ANC geleide regering.

  • 'n Ou kan dalk 'n samesweringsteorie sien ( 'n biologiese wapen wat uit 'n navorsingslaboratorium ontsnap het? - Trump se "something is afoot" ). Volgens inligting is hierdie een anders. Onderliggende siektetoestande veroorsaak dat jou kanse op herstel negatief ge-affekteer word, veral, het ek, gelees, onder ons oueres, sedertdien aangepas tot almal, het dit dalk al gemuteer?
    Die probleem, volgens my verstaan, aan diè een, is die onvermoë om 'n teenvoeter spoedig te ontwikkel en indien die maatreëls nie ingestel en die virus 'vrye teuels' gegee was, dit 'n katastrofiese resultaat vir die mensdom sou inhou. Totdat hulle 'n vaksien of medisyn het, lyk dit my dat ons nog lank beklappe, handwas en afstand gaan hê.
    Ons is nie meer vry om rond te hardloop, naarstigtelik opsoek na materiële welvaart, soos gewoon nie.
    En kyk wat gebeur die aarde kry sy rusdag en dwing ons om dieselfde te doen. Kyk hoe herstel dit - net in 'n paar maande. Al wat mens is rus ook - en waaragtig, hulle sukkel daarmee
    Hoe lui daardie een "ses dae moet jy arbeid en sewende rus"
    Mooi loop
    Raed-na-Gael.

  • Ek is deesdae baie skepties, sinies en agterdogtig oor goed wat vir my as soetkoek verkoop word. Spook/bangmaakstories is volop in die omloop. Elkeen het iemand wat se niggie se suster iewers werk en dit of dat gesien of gehoor het.
    Ek het vroeër vandag iewers heen gery waar ek oor die stad waarin ek bly kon kyk. Ek het dit amper nie geglo wat ek gesien het nie. Daar is geen mistigheid/rokerigheid wat oor die stad hang nie. Selfs die lug is skoner en blouer. Die aarde rus 'n bietjie

  • Avatar
    Hans Richardt

    Nikotienplakkers is blykbaar nou antwoord. Wat 'n interessante wending.
    Hier sit 'n ou roker nou en kla... Ons rokers sou kwansuis juis eerste onderspit delf.

  • Hans,
    Ek knip

    "Ons rokers sou kwansuis juis eerste onderspit delf",
    en
    jy het vergeet om by te voeg,
    en ek plak,

    "en hoes die meeste".

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, man vrees nou ’n seisoenale verkoue of griep. Jy kan dalk êrens in ’n kamp of staatshospitaal afgesonder word...

  • Avatar
    Hans Richardt

    Raed-na-gael, ek het jare gelede self laat "knip"!
    Nadat ek by afsterwe van eksvrou van dekades gelede, moes bydrae tot verassing, luister ek toe na "Ashes of love"... Ek het dit vir kinders se onthalwe betaal en geswyg... Vir meer as 2 dekades was ek die skarlakenlap van egskeiding wat deur eksvrou se buite-egtelike kind gedurende huwelik, "my skuld", gewees.
    Nou is ek klaar met "my skuld"! Dit kan nie ewige skuld wees nie...
    Ek gaan my Tabakier besigheidjie begin, so gou ek kan. Daar is iets wat ek geniet en wat ek erken, my eie skuld is, tabak. Dit is ook 'n vaardigheid, want ek rook pyptabak al jare! 46 jaar.

  • Hans ou neef,
    Ek gun ieder en elk hul voorspoed... Ek het aanskou hoedat twee pêlle se liggies met suurstoftenks en al uitknikker. Ek het vir langrukke aanskou hoedat hul die tenks orals, tot langs hul beddens, saamsleep.
    My dogter se skoonpa het November die trappie afgeklim na die asmapompie - hy't nooit asma gehad nie, maar vir pyp bêre? - aikona! Kuier verlede jagtyd daar en op die fris, koel vroegoggend, teug ek die skoon, vars en heerlike plattelandse lug op die opstal se groot stoep in. Hy kom by met 'n koppie koffie en hoes-hoes sit hy dit neer en steek pyp op en blaas die bondel in 'n rookwolk uit. Jy ken mos Isuzu dieselbakkie - daardie eerste op"start" na 'n dag of wat se staan, net so - en hoes.
    Ek hanteer nie teëspoed goed nie - veral nie as dit voorkom kon word nie.

  • Ek het self op my dag siegrets, pyp en selfgerolde zolle (twak met papier) gerook. Lekker man, lekker. As ek nog dop ook saam gevat het, was dit eers erg. Ek is nie voorskriftelik nie. Elke ou het die keuse. Ek het na 'n pel se kuier een naweek opgehou. My longe het soos 'n vals konsertina wat jy oop en toe trek gefluit. Net besluit tot hier en nie verder nie. Ophou koop het ook gehelp. Dit het so drie dae gevat toe is dit beter. Dit was die naweek van ongeveer 11 Februarie 1995. Net een keer weer probeer maar nie weer nie.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Raed-na-gael, vryheid van keuse? Wat gaan ek na 46 jaar se rook, nou voorkom? My toesighouer kollega, wat NOOIT gerook het nie, is laasjaar dood aan longkanker. Hy het soos jy gevoel oor rook. Tog is hy oorlede in die maand waarin hy moes aftree.
    Ek het nogal jammer gevoel vir man, wat NOOIT gerook het nie, met sy kierie en suurstoftenk... Sonder hare.
    Ek verstaan nie die kankerding nie.
    My oupa het Horseshoe gerook, aan dementia gely en lorrie ry hom toe dood, na hy rigting tydens stappie kwytgeraak het.
    So, ek reken ons het almal ons kans, dood het nie voorkeur nie.
    Ek het al 42 jaar gelede besef in Owamboland dat dit help nie om bang te wees vir dood nie.
    Moet ons nie maar vrede maak met realiteit nie?
    Wonder hoekom Franse juis die "peslike" nikotien plakkers teen Covid-19 infeksie gebruik nie... Ook nie waarom French Letters/FL gedurende WO2 bekendheid verwerf het nie..?

  • Hans,
    Die ding van sekondêre(?) rook. Hy was jou toesighouer! Hy rook nie, maar asem joune (soos die C-19) in!

  • Avatar
    Hans Richardt

    Raed-na-gael, hehe ...
    Hy het vloermoer gegooi as hy ons buite kry rook het. In staatsdiens was daar “designated smoking area” ver van geboue en mense. Het eendag ver saam gery in sy subsidie kar. Ingedagte my pakkie uitgehaal en helse uittrap gehad.
    Dis ook interessant dat fikse man neerslaan, terwyl hul oefen? Is dit ook gevolg van my beweerde sekondêre rook?
    Dan, jul nie-rokers se “vars asems” ruik vir ons rokers soos klein hondjies wat nog tiet drink se asems ...
    Ek drink nie, maar drank maak meer mense dood op Christelike langnaweke, as wat sover in pandemie dood is ... Wat is dan werklike pandemie?
    Dink jy nou werklik daar is enige voordeel vir my na amper halwe eeu van rook, om op te hou en dan dementia te kry?

  • Hans,
    Jare gelede, kom ek by 'n pêl aan. Die hele plek het so 'n lekker geur, dis vol geurige rookwalms, dis hy wat so stook, die geur is goed man aangenaam, ek vra. Hy klop uit, skraap uit met so klein miniatuur teelepeltjie en stop en sê-beduie ek moet aansteek, maar direk uitblaas. Twee keer - derde keer lekker voltrek, soveel ek kan en dan intrek longe toe. Ek doen - leer mos by die meesters - 'n handgranaat ontplof hier in my longe, voel asof 'n moerse "vicegrip" by borskas beet het en my ribbe net splinters is - 30 sekondes niks asem nie - niks - kan nie eens hoes of wat nie! Nooit ooit f.....n weer aan 'n pyp gevat of eens gekyk nie. Dit was iets soos Black... Jy sal seker weet, ek kan nie meer onthou nie. Nee, ek sê nie jy moet stop nie - help maar net die jongeres wat hier mag lees om weg te bly.
    Stop jy maar lekker!
    Raed-na-Gael

  • Avatar
    Hans Richardt

    Die 11 miljoen rokers moet ophou omdat ANC Bevelsraad na Grendelstaat nuwe rookvrye en nugter SA, tot die dood wil belas en besteel?
    Klink na kommunisme vir my en iets soos Moa se kultuurrewolusie! Die jonges maak hul eie keuse.
    Erken darem dit, jy mis die sigarette se advertensies in sitfliek? Daai modelle in bikinis of Marlboro of Camel man idee vs hedendaagse idee van man met grimering en haarstyl uit vrouesalon?
    Die ou Gunston idee... Of "after action, satisfaction, Lexington"?

  • Hans,
    “Black Horse” – dis hy, net so hard geskop, net mànne kom hom aanvat. Hy’t in ’n lapsakkie wat met toutjie toegetrek word, gekom.
    Daar was tegniek aan verbonde, terwyl in die geselskap:
    1. Zip verslete pypsak oop en haal uit. Klop vorige as uit in asbak of indien buite, op hak van jou skoen, indien sonder stewige skoen op naaste paal, muur of boom.
    2. Skraap skoon met daardie klein teelepeldingetjie, trek dan pypsteelskoonmaker deur pypsteel – hy kom swart van die olie uit en druk dit ’n naaste blompot, blaas deur pypsteel om te toets vir lug vloei.
    3. Met wysvinger en duim, haak twak uit sakkie en stop met ander duim en druk vas. Toets vir stewigheid, herhaal nog twee keer totdat pyp vol en stewig is.
    4. Trek vuurhoutjie, en belangrik – daardie langes in daardie ewe lang bokse, want die aansteek vat tyd en ’n lang vuurhoutjie is ’n moet. Indien winderig hou pypkop in palm van hand en vuurhoutjie in ander.
    5. Skiet vuurhoutjie kooltjie in enige rigting weg terwyl eerste rokies in mangels uitgeblaas word.
    6. Trek nou lekker diep en teug in longe in.
    7. Indien die hoes opborrel – beduie met hand of pyp na iets en hou uit – al raak jy bleek om die kiewe, blaas dan behaaglik uit.
    8. As jy kan, nog ’n trek of twee en dan bêre jy hom tot volgende keer.
    Groetnis,
    Raed-na-Gael

  • Hans, ek dink jy het iets vergeet met die Lexington-sigaretadvertensie. Sê die ou nie ook na Lexington, “that’s the one” nie? Ek kan van die sigratte en dop advertensies in die flieks en “drive-ins” onthou. Van my gustelinge was die Mainstay-advertensie met arm meisies en eksotiese plekke. Die musiek en dan die koor wat sing, “You can stay as you are for the rest of your life, or you can change to Mainstay, Mainstay”. Paul Revere, Gunston, Pall Mall, Rothmans-sigratte het ook goeie advertensies gehad. Dit was die tyd toe jy nog onderskeid kon tref tussen die manne wat kan, die manne wat wou en die ander.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top