
Digterstemme vanoor die wêreld – waaronder dié van ’n Nobelprys voorloper, politieke andersdenkendes, aktiviste en bekroonde literêre figure – gaan die Herehuis en Ou Wynkelder by Spier vul op Vrydag 10 en Saterdag 11 Mei. Die geleentheid is die Dansende Digtersfees, ’n internasionale fees van digters en digkuns, wat oor twee dae by die wynplaas aangebied word. Die feesprogram is pas op die fees webwerf bekendgemaak, www.dansendedigters.co.za
Deelnemers sluit in Ko Un (Suid Korea), David Shulman (Israel), Hans van de Waarsenburg (Holland), Carolyn Forché (VSA), Tomaz Salamun (Sloewenië), Joachim Sartorius (Duitsland), Yang Lian (China), André Naffis?Sahely (Italië/Iran), Dele Olojede en Kole Omotoso (Nigerie), en Nicholas Dawes, Antjie Krog, Petra Müller, Antony Osler, Gunther Pakendorf en Marlene van Niekerk van Suid?Afrika. Die fees is onder kuratorskap van Breyten Breytenbach.
Die Dansende Digtersfees is die manifestasie van ’n vennootskap tussen Spier en die Pirogue Kollektief, waarvan Breytenbach ’n stigterslid is.
Voorlesings
Die hoofgebeure is Voorlesings van hul eie werk deur deelnemende digters. Dit word oor twee aande aangebied, met Voorlesing I op Vrydagaand vanaf 6.30nm en Voorlesing II op Saterdagaand vanaf 6.30nm. Die Voorlesings word gechoreografeer deur teaterregisseur Marthinus Basson, met musikale regie deur komponis en musikant, Neo Muyanga.
Die volgende digters sal deelneem, op een van die twee aande: Breytenbach, Forché, Ko, Krog, Müller, Salamun, Sartorius, Shulman, Van de Waarsenburg, Van Niekerk en Yang.
Kaartjies
Kaartjies is R150 per persoon per aand, wat wyn en peuselhappies insluit. ’n Kombinasie kaartjie, vir beide aande, is R300 maar beskikbaar teen 10% afslag (R270) vir besprekings teen Vrydag 12 April. Bespreek by Spier, 021 809 1100, gedurende kantoor?ure, Maandag tot Vrydag, of stuur ’n epos aan reservations@spier.co.za. Vir meer inligting, besoek www.dansendedigters.co.za
Gesprekke
Die feesprogram sluit ook ‘n reeks van vier gemodereerde Gesprekke in, wat in die Spier Herehuis aangebied word
op Vrydag en Saterdagmiddag. Die reeks is getiteld Dans met die Onkenbare: Die etiek van verbeelding en die
verbeelding van etiek. Bywoning is gratis, maar bespreking is noodsaaklik.
Gesprek I, op Vrydag 10 Mei om 1.30nm, word aangebied as ‘n meestersklas, en is getiteld Lost in Translation, Found
in Poetry. Die deelnemers is Sloeweense digter Tomaz Salamun, erken as die leier van neo?avant?garde digkuns in Sentraal Europa; André Naffis?Sahely, mees bekend vir sy onlangse vertaling van die werk van Marokkaanse digter en skrywer, Abdellatif Laâbi; en Marlene van Niekerk, Suid-Afrikaanse digter, vertaler en akademikus.
Gesprek I sal gemodereer word deur vertaler en akademikus, vroeër verbonde aan die Universiteite van Kaapstad en
Stellenbsoch, professor Gunther Pakendorf.
Gesprek II, Vrydag om 3.30nm, is getiteld What has Ethics got to do with it? Does poetry open a way to an
awareness of being and dignity (ethics) in the processes of political and cultural transition?
Deelnemers is Suid?Afrikaanse digter, skrywer en joernalis Antjie Krog; Yang Lian (China), ‘n banneling sedert die
Tianenmen slagting, wat as een van die mees verteenwoordigende stemme in Chinese literatuur beskou word; en
David Shulman, ‘n Israeliese digter en skrywer, bekend as indoloog, vredesaktivis en mees onlangs, skrywer van Dark
Hope: Working for Peace in Israel & Palestine. Die boek is ‘n dagboek oor vier jaar van politieke aktivisme in Israel en
die Palestynse besettingsgebiede.
Gesprek III sal gemodereer word deur Nigeriese joernalis en Pullitzer pryswenner, Dele Olojede.
Saterdag 11 Mei
Die program duur voort op Saterdag 11 Mei om 1.30nm, met Gesprek III getiteld Is the world decaying metaphor?
Does poetry shape the world, or is it but a pulse beat of reality?
Deelnemers is Hans van de Waarsenburg, Hollandse digter, voormalige voorsitter van PEN en stigter van die
Maastricht Internasionale Nagte van Digkuns; Joachim Sartorius, Duitse skrywer, diplomaat, regsdoktor, voormalige
hoof van die Goethe?Institut en direkteur generaal van Berlyn Feeste; en Carolyn Forché, Amerikaanse digter en aktivis.
Gesprek III sal gemodereer word deur professor Kole Omotoso, Nigeriese skrywer en akademikus wat reeds sedert
die negentigs in Suid?Afrika woonagtig is.
Gesprek IV, om 3.30nm, is getiteld, Is there a South African Way to the Great Nowhere? Deelnemers is die Suid?
Koreaanse digter, Ko Un, voormalige Boeddhiste monnik en gereeld genoem as Nobelprys voorloper; Suid?
Afrikaanse digter en skrywer Petra Müller; en Antony Osler, Zen praktisyn en skrywer van Zen Dust, a journey home
through the back roads of South Africa. Gesprek IV sal gemodereer word deur Mail & Guardian redakteur Nicholas
Dawes.
Bespreek by Spier, 021 809 1100, gedurende kantoor?ure, Maandag tot Vrydag, of stuur ‘n epos aan
reservations@spier.co.za. Vir meer inligting, besoek www.dansendedigters.co.za
Meer oor die Pirogue Kollektief
Die Pirogue Kollektief is 'n vrywillige genootskap van individue byeengeroep deur Breyten Breytenbach, as uitvloeisel van 'n behoefte gevoel deur die Goree?Instituut in Senegal om sy kultureel?kreatiewe projekte en programme vorm te gee en te bevorder. Pirogue inisieer karavane na ander plekke en oor grense heen, om die etiese verbeelding van kreatiewe burgerskap aan te moedig in viering en vooruithelping van die Diverse. www.piroguecollective.org
Spier ondersteun kunsprojekte wat ons Suid?Afrikaanse erfenis erkenning gee, ons nalatenskap beskerm en bydra tot ons gemeenskaplike toekoms. www.spier.co.za As 'n gesamentlike projek tussen Spier en die Pirogue Kollektief, is die Dansende Digtersfees die eerste beliggaming van 'n vennootskap met die bedoeling om verder vorentoe soortgelyke ruimtes van skepping en verbeelding te bevorder en te fasiliteer, hetsy literêr, maatskaplik, of polities van aard.
Rig asseblief enige versoeke vir onderhoude of gesprek aan die projekbestuurder: Marí Stimie |mailto:maristimie@gmail.com| +27 76 4800 743 | +27 21 422 4967


Kommentaar
PROGRAMVERANDERING:
Marlene van Niekerk sal deelneem aan Gesprek I op Vrydag 10 Mei om 1.30nm.
Carolyn Forche sal deelneem aan Gesprek III op Saterdagy 11 Mei om 1.30nm.
Die deelnemer Hans van de Waarsenburg se land van herkoms word as Holland aangedui, terwyl dit dui op een van twee provinsies (Noord & Suid Holland) van die land NEDERLAND.
Ek weet dat die "volksmond" self in die land self skynbaar nie hieroor omgee nie, maar is dit nie soms nodig om "amptelik" te wees nie, teenoor dit wat in die volksmond/omgangstaal "aanvaarbaar is nie?
Is dit nie dieselfde as om maar te aanhou praat van "Transvaal" of "Suidwes Afrika" (of wat ookal nie)?
Vra maar net?
Is daar voorsiening gemaak vir enige aanlyngesprekke of -voorlesings? Met die virtuele wonders van vandag sou mens sekerlik kon hoop dat soiets moontlik is?