Groot skade

  • 8

Nou die dag weer drentel ek agter my vrou aan deur die supermark en weereens tref die baie gif wat aangebied word my. Rakke en rakke vol blikkies en boksies en botteltjies gif en dis maar net in een winkel, ál die verskillende supermarkte PLUS die ysterwarewinkels is vol van die goed.

Logieserwys is die huidige voorraad verkoop en ’n groot deel van daardie gif is in die omgewing uitgespuit; het dit op die grond en in die riviere en stroompies beland en die winkels verskaf maar net weer aan die mense ’n vars voorraad gif. Dis tragies om te dink dat, veral huisvrouens, skadelose spinnekoppies, bidsprinkane, selfs akkedissies en geitjies, daagliks ’n verskriklike gifdood toedien.

Mense is gedurig intens besig met veldtogte teen rook, drank, rassisme, seksisme, gays, anti-gays en wie weet wat nog, maar besef nie dat daar ’n prioriteit is nie, naamlik gif. Gif is ’n euwel.

G’n wonder die bye sterf uit nie.

Jan Rap

  • 8

Kommentaar

  • Avatar
    Tiens Pretorius

    Ek stem saam met Jan Rap, maar wat gaan ons doen sonder gif? Die insekte roei ons voedselbronne uit en iets moet gedoen word om te verseker daar bly vir die
    mens ook bietjie kos oor. En baie soorte insekte dra siektes.

    • Jan, dis 'n wisselvorm. Weereens en weer eens is albei reg, solank 'n mens net konsekwent bly.

      Groete.

  • LitNet - ek weet 'weereens' is ook nou aanvaarbaar bloot vanweë die feit dat genoeg mense dit so gebruik. Ek dink egter dis verkeerd dat baie verkeerd reg word.

  • Tiens, soos ons teenswoordig die insekte uitroei gaan daar naderhand NIKS kos vir die mens wees nie - kyk op hoeveel plekke moet die mens self al plante met kwassies edm bestuif.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Jan Rap, dit klink amper soos praatjies oor "bytjies en blommetjies" vir tieners. Helaas is ons besig met ’n ernstige saak, die Afrika-by is bedreigd deesdae en selfs die migrasie van die skoenlappers en motte. Ek wonder hoe duisende hektare mielies ens bestuif gaan word in toekoms, as grondwater besoedel word met gif.
    Gelukkig is ons nou ouer en hoef self nie meer oor die kwasse vir bestuiwing te bekommer nie ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top