Ek wonder deesdae baie oor stommiteite in SA. Hoe gaan mens die karooplase verdeel?
My vraag wat onbeantwoord bly is waar is swart fabriekseienaars in SA? Waar is die swart beleggers in SA ekonomie?
Hans Richardt
2Ek wonder deesdae baie oor stommiteite in SA. Hoe gaan mens die karooplase verdeel?
My vraag wat onbeantwoord bly is waar is swart fabriekseienaars in SA? Waar is die swart beleggers in SA ekonomie?
Hans Richardt
2
Kommentaar
Bly om te sien jy is weer terug!
Wat grondverdeling, enige deel van die land, betref, is dit feitlik dat, ongeag watter party aan bewind is (weens die swart meerderheid), gaan blankes onvermydelik die onderspit delf. Dit wil voorkom dat swart meerderheidspartye blankes glad nie as deel van die algemene Suid-Afrikaanse gemeenskap wil aanvaar nie, ten spyte van blanke pogings daartoe. Selfs liberale Afrikanerskrywers soos bv Max du Preez se onlangse skriftelike bydraes toon 'n regswaartse skuif na die middel van Afrikanerpolitiek.
As gevolg van hierdie non-aanvaarding is vele blankes stadig maar verseker besig om laer te trek vir self-behoud in hierdie land met AfriForum aan die spits daarvan.
Wat die meerderheid party en sy "side kick" die EFF nie wil besef nie, is dat indien die konstitusie gewysig word om grond sonder vergoeding te onteien, daar geen motivering aan die boer se kant gaan wees om verder te wil boer nie, en indien selfs een groeiseisoen grootskaals verwaarloos word, hierdie land onmiddellik in hongersnood gedompel gaan word met die meegaande sosiale opstand, gelei veral deur die EFF, met die ANC in kompetisie en die skuld oudergewoonte voor die blanke se deur geplaas.
Wat is jou punt van jou vae vraag: "Waar is swart fabriekseienaars in SA? Waar is die swart beleggers in SA ekonomie?"
Swart fabriekseienaars, swart mynbase, asook swart beleggers is daar wel; vinnig groeiend jaar op jaar, wat verwelkom hoort te wees, aangesien hulle dienooreenkomstig strategies deel van werkverskaffing in die land vorm, en indirek onderling tot vreedsame samesyn in die algemene gemeenskap bydra. Hulle groot belastingbydrae tot die staatskis is ook te verwelkom
Tokyo Sexwale, Cyril Ramaphosa, en Patrice Motsepa (laasgenoemde sesde rykste persoon in die land), is voorbeelde van die vele ander wat aan jou vraag hierbo sal voldoen. Lees gerus op die internet hulle kapitaalbesittings en beleggings!