"Grondpad" deur Lucinda Hoffman

  • 0

Grondpad

Op die paaie na die voetpad na die middel van jou hart
Het ek en jy en jy en ek verdwaal in pyn en smart
Die Suiderkruis uit sig verloor, verdwaas gee ek maar boedel oor
Op die verlate grondpad in die middel van my kaart

Ek sit my in die stofpad neer, geen teken van bestaan
Net bosveldstilte om my heen, die half verligte maan
Met net die nagwind as ? nagedagte sit ek alles en betrag
en wonder waarheen nou van hier in hierdie donker nag

REFREIN:
Ek sit en dink aan elke dag wat ons twee saam gedeel het
Die oomblik toe jou eerste glimlag my hart opgeraap, gesteel het
Maar dit was dae van weleer, dit het die tyd my nou geleer
Hoe vind mens weer jou pad terug so tussen alles deur?

BRUG:
Verbete klou ek aan my tas, gevul met dit wat ons eens was
Ek wonder wat die kans sal wees dat ek kan opstaan sonder vrees
Want net die nag so om my heen ken al die hartseer en alleen
Geen kompas kan my terug laat draai, die ware Noord het my verraai

REFREIN

Ek sit my in die stofpad neer, geen teken van bestaan
Net bosveldstilte om my heen, die half verligte maan

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top