Groengeite, FW?

  • 0

Ek verstaan nie hoe jy as ’n groene van faam, Sjina ophef as jou Utopia nie. Watse alternatiewe tegnologie wat omgewingsvriendelik is, het jy al in Sjina ontdek? Jy weerhou jou mildelike kennis van ons postkoloniale Europeërs hier in Afrika, wat dit graag wil gebruik. Kyk, my verouderde konsep van ’n windlaaier op die internet het net laasweek die 1ste volts op my sitkamermat uitgesit as ek dit met die hand draai. Werklik eenvoudig, al wat man nodig het is ’n tafeldraaibank om koste laag te hou. So kan ek die natuurlike bate van winderige Karoo mildelik gaan uitbyt en ek dink nie dit gaan ’n verskil aan die wind maak wat op jou werf die papsakke teen die draad aanwaai nie? So ook my sonpaneel wat in die EU gemaak is. Die son gaan nog net so warm brand op jou. So buit ek die son van Afrika uit en niks is aan die skoon energie bronne minder nie.

Hans Richardt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top