Groen-oog-bergbokkie-blues
Hierdie is die groen-oog-bergbokkie-blues,
En onthou my ou:
You choose!
Ek’t nie eens van jou gehou nie,
en jy was ietwat soos Escort se polonie.
Tot die dag wat ek my begewe,
En ek agterkom dat jy’s my lewe.
My broer was stoer
hy’t vir my gekoekeloer
En gesê hou op om die girl nonsens te voer.
Maar ek was onseker,
weet altyd van beter,
en beste was hier, net ’n enkele meter
Dit gesê, ons het toe begin lepellê
en saam besluit ons wil ’n troudatum hê.
Maar sien ek was jonk,
en sy was als behalwe blond,
En toe gaan daai verhouding af in die varsity se grond.
Een aand het ek my op ’n koshuiskamer se vloer bevind,
besig om te huil soos ’n opregte kind.
Goed gedrink,
Gallerywyn geklink.
En my verhouding is die Titanic wat stadig maar seker sink.
Dit gesê, ek’t vir ’n tweede kans gevra,
maar sy’s daar weg en ek moes haar nie weer pla.
Nou wat was die rede,
vir hierdie onverskrokke gebeure?
Het dit dalk iets te doen met ’n donker verlede?
Reg geraai, een aand voor ons kys gebraai,
en toe met die verkeerde girl laat-waai.
Maar dit was soos Eclipse,
net ’n eenmalige studentglips,
Agv te veel vodka, coke en chips.
Ek vra toe mooi,
asseblief nie praat uit die kooi,
maar sy’t daai versoek ’n flat ignore gegooi.
O ja, so gesê
dalk is ek net nie wat die universe vir haar wou hê.
Jy weet elke girl wil tog in ’n soul mate belê.
So wat’s die moraliteit van my story,
Is dit dalk haatspraak, huil of is dit sorry?
Wel as dit waarlik liefde is,
en jy haar behoorlik van die waarheid gewis,
en sy dit nie oor lunch tyd by Sannie uitvis,
dan sal liefde jou in sy arms kom sus.
However you loose,
Die is die groen-oog-bergbokkie-blues,
En onthou my girl:
You choose!
Hierdie is die groen-oog-bergbokkie-blues,
Onthou my broer sy is jou goose,
En as jy haar nie vanaand wil loose,
Onthou my broer, jy choose.
![]() |



