Groei
deur lawa lae
as en pyn
beur plantjie
moeisaam op
na bo,
na lig -
stadig, seker,
gedetermineerd
grond van
tydlose emosie
kraak, skeur,
kreun, bars oop
blaartjie verskyn sku
soekend na lewe,
water en
vars lug
met tyd
en genade
verskyn nog
vars blare
eers bewerig
maar verbete
stammetjie
van hoop
word sterk
baar blomknoppe
uit gister
se pynproses,
uit woestynland
en sand
kleure, geure
en vars bloeisels
versprei oor
die veld,
dans
in die wind