"Grendel" deur Daniella Deysel

  • 0

Grendel

My lief
Ek bedank jou van my hart
Ek’t ? droom wat my sleep
? Aambeeld
Wat eens wit-onskuldig
deur wind kon waai
? meerder man
oor troebel water kon neem
Nou aan my enkel
vasgeketting en sink

Klou nog steeds aan die
broodkrummels van
voedsels, vroeër en kerslig
Hande nou koud
lê tussen bene en slaai
En ek pik-pik aan die mot
in die kerswas vasgedraai

Jou tong lê stil en graf
En al wat ek jou kan bied
is die klank van ? gelag
wat nou op foto’s pronk
En in hoekspinnerakke
karkasse kan laat dans

Met die wind van ? fluister
Met asem
Met reën
En met alles binne my
moet ek jou nou verlaat
Voordat ek
soos ? ketting
aan jou enkel
my hande vasmaak

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top