Best Books en Alta Engelbrecht se Eksamenhulp: Graad 9 Taal- en leesoefenboek vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal sal leerders se taalvaardighede op ’n interaktiewe manier ontwikkel. Dit bevat taal- en begripsoefeninge, sommer alles in een. Dit sal graad neges se taalkennis (van woordsoorte, klankleer en sinsleer tot betekenisleer) verryk en hulle help om Afrikaans maklik onder die knie te kry. Die lees- en begripsoefeninge in hierdie boek bevat uittreksels uit die jongste jeugboeke vir lekkerleesgenot terwyl jy leer.
Hierdie oefenboek:
- is saamgestel volgens die vereistes van die KABV.
- bied begripstoetse.
- bied agt hoofstukke met taaloefeninge.
- bied oefenvraestelle vir toets- en eksamenvoorbereiding.
- is gebruikersvriendelik.
- bevorder taal- en leesvermoë.
- bied toeganklike opsommings van taalkonvensies en -strukture.
- bevat Engels en Afrikaans as instruksietaal.
Die oefenboek bou op die basiese taalstrukture en konvensies wat jy alreeds begin leer het en ontwikkel jou kennis van Afrikaans as addisionele taal.
Die antwoordstel is op www.bestbooks.co.za beskikbaar.
Eboeke is beskikbaar by Amazon, Takealot, Kobo, itsi Store en Snapplify.
Gedrukte boeke kan bestel word by: Takealot, Loot, Raru, EB Online en die itsi Store.
As toonaangewende boekhandelaars nie voorraad het nie, vra gerus die winkelbestuurder om dit te bestel.
Om ’n voorsmaak te kry van wat die boek jou bied, klik hier vir die volgende uittreksels:
- ’n Taaloefening
- Antwoorde op die vrae
Kommentaar
Om te leer
Hallo! Hier is 'n indeks van die vraestelle en memo's wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Laai gerus gratis in PDF-formaat af wat jy benodig. Groete, die LitNet-redaksie
Stuur asseblief voorbeeldvraestelle vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Ek het 41 diensjare in die onderwys. Beskik oor SACE nommer. Graad 9-vraestelle asb.
Goeiedag! Hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/ Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Rol na die relevante afdeling - die inhoud is ingedeel volgens graad en vakgebied. Klik telkens op die skakel om die vraestel en memo gratis af te laai/oop te maak. Groete, die LitNet-redaksie
Ek soek graag graad 8- en 9-opsommings, asb.
Hallo! LitNet het 'n paar oefenvraestelle en memo's wat jou kan help. Jy kan dit gratis aflaai deur op die skakels te klik (dit maak oop in PDF-formaat). Die vraestelle is bymekaargebring op een plek en dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Hier is 'n skakel na die indeks: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Hoop dit help! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ek wil. 100%.
Wiskunde-eksamentaak.
Dankie vir jou navraag! Ons het nie inhoud omtrent 'n Wiskunde-eksamentaak nie, maar ons het wel etlike vraestelle en hersieningsmateriaal wat jy kan gebruik om vir toetse en eksamens voor te berei. Kyk gerus na die indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai hierdeur en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Groete en sterkte met die voorbereiding, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder