Geskryf vir: Straatligkinders
Om ’n treffer te hê moet jy twee goed doen:
Oor jou ‘baby’ sing en klomp plekname noem
Dit help natuurlik om te sing oor karakters van oud
En om meisies in bikinis te hê, so wulps en so stout
Die Tomstraat Trawante doen dinge bietjie anders
Ons maak musiek al is ons nie operasangers
Afrikaans sing ons luidkeels, al sê die ou mense ons skree
Ons skud ’n ding raak soos Elvis se knieë
Die Mooirivier Manne, aan die oewers getrou
Op die Bult gemakietie en ons reputasie gebou
Trots op ons dorpie, ons stad van kundigheid
Hier het ons ruk en rol ontdek, in sy volle skoonheid
Die Potchefstroom pelle wat so saam perform
Musiek in ons are, genade enorm
Woorde wissel op die verhoog, sing in Afrikaans
Sing oor Bles Bridges se spook
Die snare rinkink, terwyl die barmanne skink
Ons is hier om te bly, julle is hier om te drink
Sing saam, skree saam, doen wat jul wil
Sing saam, skree saam, in Afrikaans kan ons gil
Die dag raak laat, die buurman nog kwaaier
Ons groet vir nou eers, tot weersiens, tot later

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

