Aristoteles (384 – 322 VC) was die seun van Nicomachus, persoonlike arts van koning Amynas van Macedonia. Op 18-jarige leeftyd het hy as student by die Akademie in Athene aangesluit en later daar klas gegee tot Plato se dood. Aristotle het toe die raadgewer van sy vriend koning Hermias van Assos geword. Met die moord op Hermias in 345 VC het Aristotle na Pella gevlug om die leermeester van die seun van koning Philip van Macedonië te word. Dié seun was later bekend as Alexander die Grote. Toe Alexander die troon in 335 VC bestyg keer Aristotle terug na Athene en stig die Lyceum wat ook bekend was as die Peripatetic aangesien die dosent met die studente die gronde bewandel het tydens besprekings. In die oggende het Aristotle gevorderde onderwerpe met geslote groepe bespreek — dit was bekend as esoteriese lesings. Sy meer populêre namiddaglesings wat veel groter gehore gelok het was bekend as die eksoteriese lesings.
Hy is hoog waardeer (veral deur sy grootste aanhangers!) – "Aristotle was probably the last to know all there was to know in his own time".
Hy het ‘n etiese sisteem postuleer wat ‘self-realisering’ genoem kan word: met geboorte is’n baba nie ‘n persoon nie maar ‘n potensiële persoon. Om ‘n ware persoon te word moet die kind se inherente potensiaal gerealiseer word. Ongelukkigheid en frustrasie word veroorsaak deur die ongerealiseerde potensiaal van ‘n persoon. Vervolgens postuleer hy dat die mens 3 ‘nature’ het.
Fisies of plantaardig (vegetable)
Emosioneel of, dierlik (animal)
Rasioneel (mental)
Rasionele ontwikkeling is die belangrikste Dit is noodsaaklik vir filosofiese self-bewussyn en is uniek tot die mens.
Aristotle het etiese kennis nie as eksakte kennis (precise knowledge) soos logika en wiskunde beskou nie maar eerder as algemene kennis soos die kennis oor voeding of oefening.
Etiek is ‘n praktiese dissiipline en nie ‘n teoreties een nie. Om ‘n etiese of ‘goeie’ persoon te word kan nie bereik word deur eenvoudig ‘deug’ te bestudeer nie, jy moet ‘deug’ as eienskap besit (one must actually be virtuous).
Aristotle het mense in 4 groepe klassifiseer afhangend van die vlak waar toe ‘n persoon. sy/haar nous kan gebruik:
Deugdelikes (virtuous) — diegene wat werklik vreugde put deur te doen wat reg is.
Kontinentes — diegene wat wanneer hulle morele konflik ondervind dit kan oorkom en die deugdelike opsie in die meeste gevalle kies.
Inkontinentes—diegene wat wanneer hulle deur dieselfde konflik konfronteer word as ‘Kontinentes’ gewoonlik swig en die gemene (vicious) keuse uitoefen.
Gemenes (vicious) — diegene wat geen sin of nut in ‘deug’ sien nie.
Die meeste van Aristotle se geskrifte het verlore geraak. Met die dood van Alexander die Grote in 323 VC was daar so ‘n sterk anti-Masedoniese gevoel in Athene dat Aristotle terugekeer het na die familie landgoed by Euboea in Masedonië waar hy ‘n jaar later in die ouderdom van 62 jaar beswyk het.
Diogenes (die sinikus) 412 – 323 VC is in Sinope aan die suidelike kus van die Swart See gebore. Met sy vader, Hicieas ‘n bankier, het hy betrokke geraak in ‘n polities gemotiveerde ontering van geldstukke (van die bekadigde munte is opgegrawe). Hicieas is in die tronk gesmyt en Diogenes uit die stad verban. Hy het die pad gevat na Delphi. Daar het die Orakel hom meegedeel “ you should deface the currency”. Dit dring toe deur tot hom dat dit nie oor munte gaan nie maar oor “political currency”.
Toe hy in Athene land verlaat sy slaaf hom Skouerophalend reageer hy: "As Manes kan leef sonder Diogenes, sekerlik sal Diogenes oorleef sonder Manes."
Hy het hom tuis gemaak in’n pitous (groot vat) by die Metroön (die tempel van Cybele). Hy was eerste om die woord ‘kosmopolitaan’ te gebruik. Op die vraag van waar hy kom antwoord hy “ek is ‘n burger van Cosmopolitis (die wêreld)”.
Hy het die asketisme en die klem op etiek van sy mentor Antisthenes behou maar ‘n dinamika en sin van humor in filosofie, ongeëwenaard indie geskiedenis daarvan ingedra.
Hy het Antisthenes as die ware opvolger van Sokrates beskou en Plato verpes. Diogenes het by Antisthenes herhaaldelik gesoebat, om hom as leerling in te neem. Antisthenes het hom keer op keer afgejak maar tog uiteindelik ingestem. Diogenes was, sover bekend, Antisthenes se enigste leerling.
Diogenes het verbale interaksie bo die geskrewe weergawe verkies: “Hoekom sal ek geskilderde vye bo egte vye verkies?” Nogtans het hy waarskynlik meer as 10 boeke, ‘n bundel van briewe en 7 tragedies geskryf. Alles het verlore gegaan.
Hy is hoofsaaklik bekend vanweë Diogenes Laërtius, van wie eintlik niks bekend is behalwe vr sy 10 volume werk Lives and Opinions of Eminent Philosophers. Dit bevat verwysings na 365 boeke deur 250 outeurs. Dit is een van die hoofbronne van die geskiedenis van Griekse filosofie en word as hoogs betroubaar beskou deur die aanhaling van verlore materiaal sommige waarvan uit ander bronne gekontroleer kan word.
Diogenes Laërtius het waarskynlik in die derde eeu NC geleef.
Toe Diogenes’n verwaaloosde seuntjie sien water drink uit die holte van sy hand het hy sy houtbak weggegooi en dieselfde gedoen. Hy het helder oordag met ‘n brandende lamp deur Athene geloop op soek na ‘n ‘regverdige man’.
Diogenes het sy filosofie van sinisme oorgedra aan Crates. Hy was die mentor van Zeno wat op sy beurt dié filosofie omvorm het tot die Skool van Sto?sisme.
Diogenes het:
Moed opgeweeg teen Rykdom — en Moed bo gestel
Natuur opgeweeg teen Konvensie — en Natuur bo gestel
Rede opgeweeg teen Passie — en Rede bo gestel
Diogenes se persoonlike riglyne was
Selfversorgingheid
Sober-eenvoudigheid
Skaamteloosheid
Veral laasgenoemde het aandag getrek. Hy het dit gestel dat as enige handeling nie skandelik in privaatheid is nie sal dit nie skandelik word as dit in die openbaar beoefen word nie.
Niemand het op die markplein geëet nie Diogenes het wel, want “dit is waar ek honger word”.
Hy het met sy middelvinger na mense gewys — en was verbaas dat hulle nie ontsteld was as hy met sy pinkie wys nie.
Atheners is tot in hul fondamente (!) geskud toe hy in die openbaar urineer en ook op diegene wat hom beledig het; toe hy in die teater ontlas het; en waarskynlik die ergste van alles toe hy op die markplein masturbeer het en daarna gesug het “was dit maar so maklik om my hongerpyne te stil — deur op my leë maag te vryf”.
Of ‘hond’ as ‘n skelnaam aan hom gekleef het en of hyself die hond tema gekies het is nie tersake nie, hy het ‘n ‘deug’ daarvan gemaak. Die term ‘sinies’ is afgelei van die Griekse woord kynikos – die byvoeglike naamwoord van kyon – wat hond beteken.
Om en by die ouderdom van 70 jaar is hy deur seerowers gevange geneem en in Kreta as slaaf verkoop. Toe die afslaer na sy nering verneem antwoord hy ”om mans te regeer ... verkoop my aan ‘n man wat ‘n baas nodig het”. Die Korintiër Xeniades het hom gekoop en onmiddellik vrygestel om sy seuns te onderrig. Hy was geen oomblik spyt nie. Diogenes het hulle van als geleer, ook van plante,diere en voëls — hoe om perd te ry, met ’n boog te skiet en te jag.
Alexander die Grote het van hom gehoor en hom opgespoor waar hy teen ‘n muur in die son sit. Hulle het ‘n paar woorde gewissel en toe na ‘n stilte vra Alexander “is daar enige guns wat ek vir jou kan doen?”waarop Diogenes antwoord “ staan eerstens uit my sonlig”.
Terwyl die omstanders in alle waarskynlikheid hul oë toegedruk het antwoord Alexander: “As ek nie Alexander was nie sou ek wens om Diogenes te wees.”
Diogenes het ook ‘n pitous by die Craneum gimnasium in Korinte gehad. Toe Philip van Macedonië teen die stad marsjeer het almal geskarrel om die mure te versterk en skanse te bou. Diogenes wou nie soos’n nikswerd luiaard beskou word nie en het die groot vat heen en weer gerol.
Die mees noemenswaardige nalatenskap van Diogenes as leermeester oor moraliteit is sy nadruk op die vermoë van die mens om hom/haar los te maak van daardie ‘dinge’ wat die meeste mense as ‘goed’ beskou. Hierdie houding van hom is die begin van die idée dat die einde van die lewe ‘n psigologiese staat is wat gekenmerk word deur ‘losmaking’ (detachment).
Toe Diogenes op sy sterfbed ietwat onrustig sluimer het sy dokter hom gewek en gevra of enigiets hom hinder. Sy antwoord was: “Nee meneer, dis net een broer wat ‘n ander antisipeer.”
In die jaar 323 VC is Diogenes dood, in sy 90ste jaar en Alexander die Grote in sy 33ste jaar.
Die mense van Korinte het ‘n suil met die marmerbeeld van ‘n hond bo-op geplaas ter nagedagtenis aan Diogenes opgerig. Dit bestaan nie meer nie.
Aristippus (die Hedonis ) 435- 356 VC is gebore in Sirene ‘n kolonie gevestig in Noord Afrika deur die Grieke van Thera (Santorini) tydens die sewejarige droogte op dié eiland om en by 630 VC Hy het tydens die Olimpiese spele Griekeland besoek, van Sokrates gehoor, na hom geluister en toe besluit om hom te volg
Sokrates het geluksaligheid (eudaimonia) voorgehou as die volkome einddoel van die lewe. Liggamlike genot, eer, deug en begrip was keuses. Insigself maar word ook gekies ter wille van geluksaligheid. Geluksaligheid word nooit gekies ter wille van enigiets anders nie.
Aristippus het die teenoorgestelde gepredik — genot is die einddoel van die lewe — finish en klaar.
Hy was waarskynlik die mees skandalige van Sokrates se (bekende)volgelinge in sy propagering van sensuele genot.
Hy het dit ook uitgeleef met die courtesan La?s. Sy houding teenoor haar was dat hy haar ‘besit’ maar dat sy hom nie besit nie. Toe hy verwyt word dat hy met ander courtesans slaap was sy antwoord: “Is daar enige verskil tussen ‘n huis waarin baie mense geslaap het of geen?”
Sy filosofie was dat die “einde” nie geluksaligheid is nie aangesien geluksaligheid die som van spesifieke genietinge is.
Genietinge verskil nie een van die ander nie. Kies die genot wat geredelik beskikbaar is eerder as om te wag vir ‘n ‘beter’ een in die toekoms.
Die wyse man (sophos) is die een wat onmiddelikke gratifikasie najaag en hy lewe gelukkiger as die gek wat dit nie doen nie.
In die hof van koning Dionysius van Sirakuse was hy bekend as die koning se poodle. Op bevel van die koning het hy vroue klere aangetrek en gedans.
Hy het gesterf in Sirene.
Naas Vljoen


Kommentaar
Baie interessant, dankie Naas. Terloops, hoekom praat jy van 'Aristotle' in plaas van 'Aristoteles'?
Dankie Jan --ook vir jou goeie vraag Dis maar een van daai 'dinge' Toe ek eenmaal in Engels na Diogenes (opsetlik!) as '"Daai-ou-jeans'" verwys was die tonge teen my los--totdat ek hulle verwys het na AT&T Labs se "Natural voices, Text to Speech - UK English" - kies of Charles of Claire Terloops in ons gesamentlike vriendekring is ek die enigste wat na 'Fanus' as "Faan" verwys