"Goodbye" deur Pierre van Zyl

  • 0

Goodbye

 

Vers 1

Die wit mure skyn swart in my hart
die ysterbeddens maak my net sat
vir ure is ’n plank my wagbank
die seer hou nou al aan vir gans te lank.
Deurskynende pype lê rondom haar
net soos slange, dit maak my skoon naar
die te skoon reuk gaan my breek
my hart se roof is aan die jeuk.

Koor

Goodbye, farewell, ek wens Ouma kon my weer ’n keer bel
so long, goodbye, ek wens ek kon nog net een laaste keer waai.

Vers 2

’n TV mompel in die agtergrond
ek kners aan die bom se lont
’n handvol mense sit in ’n kring
probeer grappe maak om die hartseer weg te wring.

Koor

Goodbye, farewell, ek wens Ouma kon my weer ’n keer bel; so long, goodbye, ek wens ek kon nog net een laaste keer waai.

Hook

’n Gesiglose vrou
kom roep ons nou
kom vinnig in
die einde het begin ... X2

Metode:

Vers; Koor; Vers; Koor; Hook; Koor; Inst (lengte van koor); Koor

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top