Sabbat Sjalom.
Om enige aspek in die kultuur van ’n groep te verstaan, moet jy minstens ietwat bekend met hul geskiedenis wees. Dis veral waar in die geval van die Jode. Menige taal en kultuur word tussen die Jode geleef. Deur die eeue het hul middelpunt oor verskeie geografiese punt op ons aardbol geskuif. Hul hele geskiedenis het die Jode hulself in verskeie vorme van musiek en dig uitgeleef; van dreunsang tot koorsang, eenvoudige melodie tot meerstemmige begeleiding, in gelyke en ongelyke ritmes. Die Bybel bevat min van die antieke Jode se wesenlike musiek. Daar staan egter wel oorweldigende verwysing daarna opgeteken en die belangrikheid daarvan in die alledaagse lewe van ’n Jood.
Na die eerste vernietiging van BEYT HA MIKDASH, is die Jode na die Ooste geban. Na die tweede vernietiging van BEYT HA MIKDASH, is die Jode oor die hele Romeinse ryk versprei; van die Iberiese skiereiland tot langs die Ryn en die Donau. In die eeue na die tweede vernietiging van die Heilige Tempel het dit begin blyk Joodse sang en musiek is verewig gestil. Die Skrifgeleerdes en Fariseërs het alles wat ’n sweempie wêrelds of "nie-Joods" skyn vervloek, verdoem en onderdruk. Hierdie soort tendens is ook baie berug aan geharde Bybel aanbidders oral in die Afrikanerdom en op die werf vandag. Ja, met sulke purisme kry Satan wel soms die oorhand in menseharte se aanbidding tot ons Almagtige Lewende Skepper. Teen die negende eeu was daar geen vreugde vir die Jood in hul godsdiens oor nie. Alle instrumente is verban en net ’n antieke dreun is in die sinagoges toegelaat.
Maar die Jode se liefde vir musiek het weereens die oorhand gekry. Na die eerste Kruistog (1096), die tweede (1147), die gruwels tydens die Swart Dood (1348) en al die onderdrukking is die Jode verpletter gelaat. Desnieteenstaande, teen die einde van die elfde eeu was daar gevestigde Joodse gemeenskappe in die Rynland en oral in Duitsland. Talmud katkisante (Bachurim) het oor die hele Duitsland geswerf, byna nes Duitse wanderschüler en Italiaanse vagantes. Nes die Goliarde daardie tyd was baie van die Bachurim entoesiastiese musikante en digters; wel geoefend in wêreldse en gewyde musiek. Süßkind von Trimberg is so ’n voorbeeld.
Wêreldse wysies, ritmiese marse op klank van militêre orkeste, liedjies uit ’n nie-Joodse platteland is weer gekleur in Chassidise melodie en sang. Nes Martin Luther straatmusiek in gewyde musiek getoon het, net so het die Chasside "rede" die musiek om hulle geklank tot eer van ons almal se Almagtige Lewende Skepper.
In Koliv Hongarye, het Rabbi Yitzchok Isaac Toib (1750-1821) ’n skaapherders liefdeslied tot eer van HaShem gedig. Beide die wêreldse "Vald, vald" en gewyde "Golem, golem" is vandag steeds bemind.
Dit lees;
Vald, vald, vi groys bistu!
Kale, kale, vi vayt bistu!
Vald, vald, ver avekgenumen,
Vel ich kale, tsu dir kummen.
My vrye vertaling;
Woud, woud, hoe groot is jy!
Bruid, bruid, hoe ver is jy!
Woud, woud, verdwyn,
Op dié tyd my bruid, kom ek na jou.
Die gewyde;
Golem, golem, vi groys bistu!
Sh'chine, sh'chine, vi vayt bistu!
Golem, golem, ver avekgenumen,
Vel ich sh'chine, tsu dir kummen.
My vrye vertaling;
Magteloosheid, magteloosheid, hoe erg is jy!
Heilige Gees, Heilige Gees, hoe ver is U!
Magteloosheid, magteloosheid, verdwyn,
Dan ons Heilige Gees, is ek in U.
Die Chassidise liriek staan vermeng tussen Hebreeus, Russies en verskillende Duitse dialek.
Mag YESHUAH HA MESCAICH onse Sh'chine, GOD ons MOEDER, die BRUID, die woud en magteloosheid uit ons harte laat verdwyn en ons teen HAAR borste vorm en troos.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn

