Goeie vraag, Jan Rap

  • 0

Ek is dit eens met Jan Rap dat dit vreemd is dat die bevolkingsgroep van die vermeende aanvallers so pertinent genoem word. Is dit omdat wit-op-swart, rassisties-gemotiveerde aanvalle so skaars is dat ook die internasionale media mal raak oor die Waterkloof 4, of is daar ’n ander agenda in die media? Ek weet waar my vermoedens lê ...

Vir my was Jan Rap se onvoorwaardelike veroordeling van die moord ook ’n gevoel waarmee ek dit roerend eens is. Ek veroordeel ook alle geweld wat onskuldiges  teiken, of dit nou die Boeremag se bom in Soweto was wat die vrou in die plakkerskamp doodgemaak het, of die Moslem se moord, al is dit my eie mense wat daaraan skuldig is. Dit is eenvoudig nooit onaanvaarbaar om onskuldiges se dood as blote "collateral damage" af te maak nie.

Die probleem is dat laasgenoemde siening, naamlik ’n afkeer aan die dood van onskuldiges, nie juis ’n gewilde siening blyk te wees nie. Sommige terreurdade, veral daardie gepleeg deur die huidige magshebbers, word gekwalifiseer met ’n: "Ja, maar", in ’n deursigtige poging om van skobbejakke engeltjies te probeer maak. 

"Ja, maar dit was geregverdig om onskuldige burgerlikes, onder andere 8 swartes wat op die verkeerde plek was, van die gras af te maak in die Kerkstraatbom."

"Ja, maar halssnoermoorde was ’n middel tot ’n doel."

"Ja, maar dit was reg om hulp aan terroriste te verleen, en die wet te verbreek destyds, want hulle doelwit was edel."

"Ja, maar die sing van 'Kill the Boer' moet in 'konteks' (wat de duiwel laasgenoemde ook al mag wees) gesien word."

Sodoende word die daad weggepraat, en die skuldiges, die bevelvoerders, die geweldenaars, die terroriste; kortom, die skobbejakke verontskuldig. Hulle sondes word as't ware witter as sneeu, en hulle word selfs verafgod.  Die probleem is dat die wiel draai. Gister se terroriste is vandag internasionale helde. Pasop; oor 27 jaar van vandag af, is Lets Pretorius die afgod, en dan is diegene wat vandag onregverdigbare geweld soos die destydse laakbare bomaanvalle teen onskuldiges gemik, probeer goedpraat, en die bevelvoerders en beplanners daarvan aanbid, skoonveld.

JvNk.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top