Goeie dae?

  • 1

In die dae toe elke kerk nog bidure gehou het op Woensdagaande en daar ’n maatskaplike werkster was vir die gemeente, het kerke nog gewerk. Deesdae vat dit maande om ’n maatskaplike werkster se verslag vir vonnisoplegging te kry. 

Ek glo ook dat geloofsfanatisme nie ekonomiese of sosiale probleme oplos nie, net manifestasie van skisofrenie-obsessie is. Al ooit gehoor dat Angus Buchan boomplantdag hou of voer vir boere (sy grootste ondersteuners) reël? Watter werkskeppingsprojek lei Angus Buchan om sy "profesie" te verwesenlik? God kan eeue vat, want hy het baie eise om aan te voldoen deesdae ... God het selfs sy wonderwerker seun versaak in sy sterwensuur. Of was God regverdig aan Jesus en Judas se kante? Onthou, God se regverdigheid in hantering van sy skepsels ...

Angus Buchan, tyd om liewer slaggate reg te maak, as om in helikopter rond te vlieg. 

As Eva en Adam se verhouding in die hemel gemaak was, waarom het hul "threesome" met "slang" toegelaat, as perfekte paar?

My probleem met hedendaagse kerke is hul is saampraters en nie doeners nie! 

Hans Richardt 

 

  • 1

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Met die Messias-kompleks en Jerusalem-sindroom, is ek maar versigtig vir 'satan' wat oral gesien word, in wat net misdaad is.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top