goeie b’gin

  • 1

hoe heg g’int’greerd was oerland, hoofkontinent, Gondwana,
hoe ong’rep, naïef, was onskuld, soos g’manifesteer in Paradys,
ai, m’t Homo Sapiens wat als uitrangeer, n’geer, ignoreer, aysh,
steeds t’n sterkste ontken: oorsprong van Eerste Mens in Afrika

sou Mens saamstel, legkaartstukke, v’n g’skied’nis, storie-draad,
hoe voorstes, opvolg’rs, Homo Uno, alg’r, omni-universeel, inpas,
hoe dwep’r “Duiw’lspiek”-siekte finansier, b’las m’t “ras”-’n-“klas”,
imm’rs nimm’r g’luist’r, toe voorou’r oor status m’t “Ann’r” praat

g’loof onuitblusbaar, bio-spiritueel g’ank’r, in grein v’n Homo-saad,
memeties g’situeer, in Homo Sapiens-essens, in hart, gees en geen,
Mens wet’nskapl’k g’rat, progressief’p mede-Mens se steun t’leun,
kennis t’neem, t’r wille v’n sinne, ag t’slaat’p opp’rlegitieme raad

sou Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens re G’wete-herwinn’ng b’sin,
sou Mens kon praat vanne omwent’l’ng, rewolusie, ’n heel goeie b’gin

Jacobus Faasen

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top