Godslaster? Wat is dit?

  • 3

Verby is die dae toe Christene nog kon skuil agter die heiligheid van hulle god. Verby is die dae toe hulle hul heilige skrif, die Bybel, kon beskerm omdat dit kastig die woord van God is. Verby is die dae toe hulle agter Gould kon prewel dat geloof vir die “rock of ages” is, en wetenskap vir die “age of rocks”. Deesdae word die Bybel ontleed soos enige ander letterkundige werk, en die wetenskap ondersoek religie en geloof tot in sy nersderm. As geloof sy sout werd is, sal hy staande bly, anders is dit Ikabod met hom.

Te dikwels nog word iemand wat iets sê oor geloof en die god van die Bybel, uitgekryt as ’n godslasteraar, en word hy as ’n dwaas en uitgeskel en as ’n psigoot voorgehou. Terselfdertyd word hierdie dwase, psigotiese godslasteraar aangemaan om respek vir die Christen gelowige se lewensbeskouing te hê. Kan iemand my dalk sê hoe hierdie sommetjie bereken word, want ek verstaan dit nie.

As geloof niks meer as net ’n geloof was nie, sou ek dit al die respek gegee het waarvoor gevra word, ten spyte daarvan dat ek uitgekryt word as ’n agnostikus, wat ek natuurlik nie is nie. Religie is egter meer as dit. Die Christen dink hy het die moraliteit in pag en dat hy sy vrot lewensbeskouing op ander mense kan afdwing. Dit is juis omdat ons hierdie soort van mentaliteit respekteer, dat ons in die groot gemors is wat ons is. As gevolg van ons respek,  verkeer die Christen nou onder die waan dat hy iets is wat hy nie werklik is nie. Hy verkeer onder die waan dat sy geloof die enigste ware geloof is en dat almal wat anders as hy dink, verkeerd is. Hy verkeer onder die waan dat sy geloof die waarheid is sonder bewys daarvan. Dan verkeer hy ook onder die waan dat geloof  ’n deug is. As iemand  ’n Christen is, sal hy nie steel of moord pleeg, of lieg nie. Hy sweer plegtig met sy hand op die Bybel. (Is dit nou nie om van goor maag te kry nie?)

As daar iets soos sonde is, dan is die geloof in God ’n sondige gedagte. Dit besoedel die denke en bring die slegste uit in die beste van die menslike geslag. Dit verlam die verstand sodat ons die mense wat ons die liefste het, nl die kinders se verstande daarmee vergiftig. Dikwels is dit te laat; teen die tyd dat hulle vir hulleself kan dink, dan is hulle gehipnotiseer en kruip hulle op hulle knieë rond.

Dit spyt my, maar ek het geen mooi manier om dit te stel nie. As jy ’n onskuldige kind se verstand vul met beelde van Satan en die ewige vuur van die hel waar daar ’n geween en ’n gekners van tande is, dan is jy ’n sielsieke en hoort jy in ’n gestig waar hulle jou uurliks met iets inspuit.

Die enigste rede waarom jy nie weet wat jy doen nie, is omdat jy deur jou dominee bearbei word. Die waarheid is, jou geloof is vals, jou heilige boek is ’n spul leuens, en al jou gode is skepping van die verbeelding, maw ’n illusie. Dan word nogal aan my voorgehou dat ek meer respek moet betoon!

Die gelowige verdien geen respek nie, hy verdien bespotting. Hy kan glo so veel soos hy wil dat hy ’n hoenderhen is, maar eers as ek die eiers sien, sal ek glo dat jy ’n Boeddha of Christen is of wat jy jou  ook al wil noem. Moet net nie van my verwag dat ek jou heiligheid moet respekteer nie.

Groete

Angus

  • 3

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Angus, dink jy regtig dat as die hele begrip aan GOD uit alle mense op aarde se gedagte gewis word, die mensdom dalk iets beters sou wees? 

    Dis eintlik nes seks; vir party is dit geseënde plesier – ander verkrag daarmee ...

    Ek het geheel ooreenstemming met jou dat daar te veel godsdiensboewe in die lewe rondhang. 

    Daarom is my some eintlik op my enkels, al lyk dit nie soms so nie. 

    Aan die anderkant is die trein oorvol en gryp een of ander bliksem aan jou gat voor jy kan keer.

    Maar ek hou dop Angus; vir jou onthalwe ook. 

    Ek weet net GOD ken elkeen van onse harte ...

    Namaste!

    Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
    Ekke

    Angus, dink jy regtig dat as die hele begrip aan GOD uit alle mense op aarde se gedate gewis word, die mensdom dalk iets beters sou wees?

    Dis eintlik nes seks; vir party is dit geseende plesier - ander verkrag daarmee ...

    Ek het geheel ooreenstemming met jou dat daar te veel godsdiensboewe in die lewe rondhang.

    Daarom is my some eintlik op my enkels, al lyk dit nie soms so nie.

    Aan die anderkant is die trein oorvol en gryp een of ander bliksem aan jou gat voor jy kan keer.

    Maar ek hou dop Angus; vir jou onthalwe ook.

    Ek weet net GOD ken elekeen van onse harte ...

    Namaste!

     

    Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

    Ekke
  • Cornelius, bly om van jou te hoor. Ek glo nie die storie van jou some op jou enkels nie. Jy is beslis 'n man wat kruisbande by jou gordel dra; kyk dan net hierdie dubbele brief. 

     
    As jy sê jy hou my dop, dan is dit net die halwe waarheid, want daarmee rym 'pasop', nie waar nie?
     
    Of die mens iets beters (wat dit ook al mag wees) sonder die begrip GOD, kan ek nie sê nie. Of dit slegter met hom sal gaan kan miskien 'n moontlikheid wees, niemand sal met sekerheid kan sê nie. Met die mensdom sal dit beslis beter gaan, want God se meeloper waarsonder hy nie kan klaarkom nie, die duiwel, sal saam met hom verkas.
     
    Hoe wis jy die begrip GOD uit by die mens? Soos met George Orwell se Newspeak? Dan het jy tog maar weer 'n Bigbrother nodig om die mensdom dop te hou (pasop!).
     
    Dink net aan al die kameras, en selfs televisieskerms wat al jou doen en late bespied.
     
    Die GOD waarvan jy praat wat elkeen van on se harte ken, slaan my nog dronk. Hy weet glo ook wat in elke wurmpie, miertjie, bytjie, vliegie, kakkerlakkie, motjie hondjie ens, ens aangaan. Amazing, is dit nie?
     
     
  • CorneliusHenn

    Dankie Angus, ja ek weet ook nie waar die dubbelslag hierbo vandaan kom nie. 

    Maar jy is reg, die mensdom se selfgemaakte god sal 'n tegnologiese wonder soos min moet wees. Stel jou Big Brother se vermoë nodig om elke mens op aarde wat ooit geleef het se DNS en volle joernaal met absolute akkurate persoonlikheids analise  te bewaar met 'n funksie om die individu te voorspel en dan nuut aangepas te herskep (voortplant). Dit kan nogals groot wees. 

    En dis net om die mens in 'n lêer te sit. Wat van die res van die skepping soos byvoorbeeld ons visvoorraad in al die oseane? Ek is absoluut eens met jou dat die gedagte aan GOD absoluut oorweldigend is tot op 'n punt waar 'n mens se brein dit net kan omskep na iets soos "onmoontlik"!

    Dis hoekom wesens soos Kobus de Klerk ons almal se Almagtige Lewende Skepper tot sy Bybel probeer beperk. Om GOD tussen twee swart blaaie tot der miljoene gedrukte karaktertjies op papier te beperk, gee darem 'n mate van pag aan die een wat lus is om dit te bestudeer. Geld is daar darem ook te maak om dan agterna ander met jou besondere begaafdheid en kennis te beïndruk (veral langs hospitaalbeddens).

    Maar wag, daar's meer! Jy kan groot groepe mense daarmee manipuleer. Onthou jy hoe ryk die Christelike Nasionales die Anglo's en Amerikaners gemaak het (en in hul voortgang menige hart verkrag het)?

    Ek is eens met jou Angus.

    Eenselfde tyd sou ek ewe arrogant wees as ek myself voorhou om iets te weet wat jy nie weet nie; is wat jy nie is nie (of het wat jy nie het nie). Dis hoekom ek bid dat my some op die grond sleep (met kruisbande aan sodat  dit darem nie te laag sak en ek daaroor val nie).

    Die werf is nie kerk nie. Woorde wek maar dade trek. Dis 'n valse liggie as iets hier skyn, want niemand hier ken my regte doen en late nie. Dit wat ek en jy hier deel is niks meer of minder as dit wat in die Bybel gedruk staan nie. Enigeen kan dit lees en daarmee maak wat hul wil. Die lewe of dood daaraan is die verwerking daarvan in jou eie HEILIGE hart!

    En dis waar ons lewe - in ons eie harte. En dis daar waar GOD in 'n persoonlike verhouding met ons kom - in ons harte. 

    GOD is in die kleinste deeltjie tot aan die uiterste buite van ons Kosmos wat ons gedagte betref. Ja, ons het eenvoudig nie die verstand om sulke wonder te begryp nie!

    (Om te dink George Orwell se 1984 het ook lankal gekom en gegaan en hier is ons steeds bloed-en-derms-en-al  reisende op ons pragtige blou planeet al om die son deur die ganse Kosmos iewers heen.)

    Namaste!

    Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde, 
    Ekke.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top