Heil die leser.
Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, die Skepper van hemel en aarde, woon nie in tempels met hande gemaak nie.
Ook word ons Skepper nie deur mensehande gedien asof God aan iets behoefte het nie, omdat ons Skepper self aan almal lewe en asem en alles gee.
God het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl God vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie ... (uit Handelinge 17:24-29)
Hoe kan enigeen met hul dogmatisme en intellektualisme, opregte harte in hul diens en eer tot God met hul vas omlynde leerstukke en sogenaamde akademie, begrens?
Hoe kan God hoegenaamd word deur spiritueel intelligentes se dissertasies en beginsels, die onsin uit hul verstand en wat deur hulself as waar en bevestig beskou, begrens word?
Godsdiens, is die mensheid se diens in hart en siel, en eer aan ons almal se Skepper.
Die slimmes van hierdie wêreld, die korpokrasie en hul redetwisters, bepaal in hul waan dat daar diepgaande verskil tussen harte se diens en eer tot ons almal se Skepper is. In hul meesteragtige intellektualisme oorskat hulle die nodigheid vir dialoog tussen onderskeie Godsdienstiges, en noem dit dan pluralisme.
Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie? (1 Korinte1:20)
Hoekom die slimmigheid van hierdie dwase ten koste van al die ander Geestelike ervaring in God self, hoegenaamd ag?
Geen Godsdiens is aan die intellek verklaarbaar nie.
Geloof en ons diens aan God, is empirie.
Geloof in ons harte is genade uit die hand van God self.
Daarom is geloof en Godsdiens nie te begrens, te beredeneer, of te spog en te dweep teenoor ander nie.
Wie kan die Evangelie van Jesus Christus onse HERE, aan hierdie wêreld se akademie, inligting, taal, kultuur en vooroordele begrens?
Jesus het geantwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie. (Johannes 18:20)
Afgodery is nie 'n ander se diens aan ons Skepper wat vir jou onverstaanbaar is nie. Afgodery is waar harte hul vertroue op aardsheid wat met die verstand vir hul oorlewing geskep is, verlaat. Geld en ander rykdom is so 'n afgod; waar mense eerder op hul eie vermoë, as om op God se versorging en beskerming in hul harte vertrou.
Ons het wel verstand, verstand waarmee ons, ons Skepper moet liefhê en dien. Volle vertroue op God in ons hart, is egter ons enigste verlossing!
God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.
Hierdie Goeie Nuus kan nou by almal se Godsdiens, sinkreties gevoeg word.
Elke naam wat ‘n mens ooit uit sy hart tot eer van ons Almagtige Skepper uitgeroep het, is vir my heilig. Harte wat Hom eer behoort aan Hom.
Mag Jesus Christus, ons Almagtige Lewende God, se naam geheilig word. Mag Sy Koningryk kom. Mag Hy ons almal se harte bewaar en genees. Mag Hy ons harte sag maak en skoon maak van selfvoldaanheid, selfbeheptheid, selfbejammering, woede, haat, bitterheid en wraak. Mag Sy lig en liefde die krag en troos in ons harte wees, tot in ewigheid.
Namaste!
Cornelius Henn


Kommentaar
Cornelius,
Net in kort – want ek wil nie oor-en-oor dieselfde argument/redenasie met jou hê nie – die volgende:
Jy sê “Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.” Jy is reg en daardie man is Jesus Chistus, die Lam van God. Dié wat nie in Hom, Jesus, is nie staan onder die wet en sal daarvolgens deur Hom, Jesus, geoordeel word. Hoe is mens ín Christus? Deur God se Genadeversoening wat Hy bewerkstellig het in en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus, se verdienste aan die kruis én Sy opstanding uit die dood, te aanvaar en opreg te bely en elke dag jou kruis op te neem en Hom, Jesus,te volg.
Verder sê jy: “Hierdie Goeie Nuus kan nou by almal se Godsdiens, sinkreties gevoeg word.” Nee-nee, Cornelius, dit is nie Hindoeisme + Jesus, of Boeddhisme + Jesus, of Islam + Jesus, ens. wat vir ons redding en verlossing bring nie! Dit is NET deur Jesus Christus ALLEEN. Daar is geen gemengery of samesmelting van die Enigste Ware Evangelie van Jesus Christus, soos deur God die Vader bepaal, met ander godsdienste soos Boeddhisme, Hindoeisme, Islam, ens. nie. Diesulkes erken en bely Nie Jesus as die Christus Nie!! Watter deel verstaan jy nie? Jy kan eenvoudig nie die ware evangelie van Jesus Christus met ander godsdienste versoen nie. Punt.
En verder sê jy: “Daarom is geloof en Godsdiens nie te begrens, te beredeneer, of te spog en te dweep teenoor ander nie.” Jy mis die punt totaal en al. Dit gaan oor die enigste Waarheid komende van God Self uit Sy Woord, die Bybel, oor Wie Jesus die Christus is. Hand. 4: 12 “Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” En ook 1 Petrus 1:21 “Deur Hom glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.” Duideliker kan dit nie gestel word nie.
Met jou skrywes wil dit voorkom asof jy beweer dat God het Hindoeisme of Boeddhisme of Islam in mense harte geplaas – Dit is nie die geval nie en as jy wel so glo, is dit blatante en dwase kettery. God maak nie foute nie en Hy sal Homself nie weerspreek nie. Nee-nee, dit is óf Jesus Christus óf die wet.
Sterkte
Dolf
Jene, sulke hoogdawerende belydenisse klink Grieks. Kom ons maak dit eenvoudiger. Nommer een ,die ou Testament was geskryf deur mense vir wie die word 'EK' nie bestaan het nie. Hierdie skrywers was hoogs intellegente geleerde profete wat alle gebeeurtenis, menslik en natuurlik, toegeskryf het as 'n aksie van 'n alomteenwoordige god.
Dan, tweedens. Vervang nou die woord God in die OT met 'EK' en jy kry 'n dwarsklap wat selfs Grieks verstaanbaar sal maak!
Dolf, soos ek reeds tot vervelens toe verduidelik het; ek het werklik vrede met wat ookal vir jou die enigste waarheid is... dis net hartseer hoe jy nes die Fariseërs, skrifgeleerdes, redetwisters en spiritueel intelligentes, jouself verhef oor ander en hulle uitsluit met jou eksklusiewe waarheid... derhalwe, hoe begrens jy God se koninkryk met jou enigste waarheid wat nie eens van hierdie wêreld is nie?
M Swart, dis die eerste keer in my lewe wat ek dit verneem... daar is eintlik 'n baie lang lys name vir YHWH in die OT na my wete... hier is onder meer twee skakels wat jou moontlik daaroor kan toelig:
http://www.blueletterbible.org/study/misc/name_god.cfm
http://www.bible.ca/trinity/trinity-definition-god-titles.htm
Uit die menigte name en verwysing na ons Skepper in die ganse mensheid, plaas ek hierdie Hebreeuse met Ingelse vertaling van net enkeles uit die katolieke Bybel:
· El Shaddai (Lord God Almighty)
· El Elyon (The Most High God)
· Adonai (Lord, Master)
· Yahweh (Lord, Jehovah)
· Jehovah Nissi (The Lord My Banner)
· Jehovah-Raah (The Lord My Shepherd)
· Jehovah Rapha (The Lord That Heals)
· Jehovah Shammah (The Lord Is There)
· Jehovah Tsidkenu (The Lord Our Righteousness)
· Jehovah Mekoddishkem (The Lord Who Sanctifies You)
· El Olam (The Everlasting God)
· Elohim (God)
· Qanna (Jealous)
· Jehovah Jireh (The Lord Will Provide)
· Jehovah Shalom (The Lord Is Peace)
· Jehovah Sabaoth (The Lord of Hosts)
...
Verder:
Die feit dat verwysing na God in ander tale en kulture anders as jou eie klink, behoort algemene kennis en vanselfsprekend te wees.
Ek het Die Bybel, en Ibhayibheli Elingcwele op my tafel by Genesis 1:1 omgeblaai.
Uit Die Bybel lees ons: In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
Uit Ibhayibheli Elingcwele lees ons: Ekuqaleni uNkulunkulu wadala izulu nomhlaba.
Net so sou Genesis 1:1 in 'n Arabies lees: In die begin het Allah die hemel en die aarde geskape.
In Fins: In die begin het Jumala die hemel en die aarde geskape.
In Hindi: In die begin het Brahman die hemel en die aarde geskape.
In Hebreeus: In die begin het Elohim die hemel en die aarde geskape.
Derhalwe het Paulus in Handelinge 17, die voorbeeld gestel en die Evangelie by die Grieke se Godsdiens en begrip aan ons Skepper, die Onbekende God; of te wel Agnostos Theos, toevoeg.
Mag Jesus Christus onse uNkulunkulu, Allah, Jumala, Brahman, Elohim, en vele meer uit die hart mensheid, self die vrede in 'n ieder se hart wees wat hier lees.
Namaste!
Cornelius
Wys jou net wat die menslike verbeelding nie alles kan skep nie, om nie eens te praat van Zeus, Apollo, Horus, Ra en nog 'n swetterjoel ander gode nie.
Nee Angus, nie een van die name wat jy aanhaal, bedoel ons Skepper in enige redeverband nie. Dis almal bepaald sekere mitologiese figure. Die name wat ek eerbiedig, verwys spesifiek na ons Skepper in ander tale en kulture.
Angus, ek deel ook Psalm 82 spesiaal met jou ten einde miskien stof tot nadenke jou gedagte te laat:
82:1 'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.
82:2 Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela.
82:3 Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.
82:4 Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense.
82:5 Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel.
82:6 Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste-
82:7 nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.
82:8 Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.
Namaste!
Cornelius
Alle gode is versinsels, Yahweh ook, want hy is die hoofkarakter binne 'n fiktiewe Bybel.
Beste Angus, ek kon seker vra dat jy jou stellinge moet bewys. Ek ervaar egter 'n bewustheid, nes jy, wat ook nog nie eens bewys is nie. Derhalwe sukkel die kriobiologie steeds om 'n warmbloedige lewende dier soos 'n hond of kat, wetenskaplik en klinies met koue te laat sterf en onder vriespunt te bewaar vir 'n tyd, en dan weer met dieselfde uiters gevorderde kliniese en wetenskaplike metodes weer lewendig te maak. Jy kan jouself voorstel hoe bly die klomp bevrore kadawers wat op hul opstanding wag gaan wees, sodra die wetenskap die wonder van ons bewussyn buite die brein kan verklaar en kontroleer. Angus, dink jy dit gaan ooit gebeur? Namaste! Cornelius
Beste Cornelius,
Dankie Angus, maar glo jy werklik ander se bewustheid buite jou ervaring is net fiksie?... beskou jy des moontlik selfs jou eie bewustheid as verbeelding?... kan ons verbeelding, blote verbeelding wees?... bestaan ons dan ooit regtig, of is dit als verbeelding?... hel, sit ons dalk almal dalk eintlik op 'n stofkorrel in 'n reus se neus vas?... moeilik om so objektief te probeer wees Angus... ek vertrou liefs op my bewustheid en ervaring ten volle in die liefde en genade van onse Skepper - en LEEF so rêrig... Namaste! Cornelius