“Godin van die maan” deur Christiaan du Plessis

  • 0

Godin van die maan

 

en my hart
mis
’n klopslag as sy naby is

vanaand is sy getooi in vurige rooi
in die maanlig buite-aards mooi
so sensueel soos ’n dame van die nag
die klas en misterie van ’n godin

Koor
en met elke aanraking
is my lyf wakker
’n skok dat sy wel bestaan
daar loop vurige bloed
deur haar ysige are
die godin van die maan

sy is baie dinge
sy is ’n sensuele sirene
as ’n nimf vermom
sy is ’n dawerende ballon
ek ervaar bonatuurlike aantrekking
as ek haar gewaar
’n magnetiese verbinding
’n vreemde ondervinding

Koor
en met elke aanraking
is my lyf wakker
’n skok dat sy wel bestaan
daar loop vurige bloed
deur haar ysige are
die godin van die maan

ek weet ek is net ’n fase
dit mag wel net vanaand hou
dis onvolhoubaar, maar
ek is verlief op jou
ek weet ek is net ’n fase
dit mag wel net vanaand hou
dis onvolhoubaar, maar
ek is verlief op jou

koor
en met elke aanraking
is my lyf wakker
’n skok dat sy wel bestaan
daar loop vurige bloed
deur haar ysige are
die godin van die maan


 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top