Goeiedag.
Ons sal nooit, nooit sê nie -want God is daar.
Met hierdie woorde het hierdie pragtige Afrikanerdogter, Irene van Niekerk, my ook berispe.
Gereken dat daar volgens die 2010 sensus, ongeveer 4,5 miljoen wittes in Suid-Afrika leef.
Hieruit dui ongeveer 2,5 miljoen, hul huistaal as Afrikaans aan.
'n Onlangse studie deur die SAIRV, het getoon dat slegs 40% van mense wit is wat Afrikaans as huistaal praat.
Dit laat 'n getal van ongeveer een miljoen wit Afrikaners in ons land.
Kan dit korrek wees?
In 2010, het daar volgens verskeie onafhanklike bronne, minstens 600 000 wittes (nes Irene vandag), in plakkerskampe gewoon. Dit laat egter die baie Afrikaners wat by familie woon en so volkome afhanklik is, buite rekening.
Sedertdien het hierdie getal wittes in plakkerkampe en andersyds afhanklik van familie, aansienlik toegeneem.
Maar gestel die plakkerskampe het by 600 000 vasgesteek, en geen Afrikaner woon by, of is afhanklik van hul familie nie; laat dit ons met ongeveer 400 000 welvarende wit Afrikaners.
Uit hierdie 400 000 is minstens 20 persent minderjarig, en nog 20 persent afgetree; ongeveer 240 000 wit Afrikaners, manne en vroue, wat deur die regering vir Apartheid boetedoening geteiken word.
Reken dit teen die res van ons land se wettige en onwettige bevolking ...
Suid-Afrika tel ongeveer 55 miljoen burgers (wit Afrikaners buite rekening gelaat); 20 persent minderjarig, 20 persent oud; dus ongeveer 30 miljoen nie-wit Afrikaners iewers in die ekonomie.
Volgens verskeie amptelike bronne, is vier uit elke tien mense in ons land werkloos.
Pas hierdie statistiek op die 30 miljoen nie-wit Afrikaners en ongeveer 18 miljoen mense het werk in Suid-Afrika, waarvan 'n benaderde getal daarvan - 250 000 wit Afrikaners is!
Ongeveer 0.8 persent van Mzansi se arbeidsmag is dus wit Afrikaners, en dis teen hulle wat regstellende aksie en swart bemagtiging deur die ANC in hul demokrasie gevoer word.
Kan dit wees dat hierdie 0.8 persent uit die hele Suid-Afrikaanse burgery, regtig so 'n groot bedreiging is, en verantwoordelik kan wees vir die onvermoë van die miljoene ander wettige en onwettige burgers hier?
Meer as 50 persent wit Afrikaners is dus reeds uit die ekonomie gesluit; meer as dubbel die amptelike werkloosheid syfer in Suid-Afrika!
Ja, wie de donder gaan omgee vir hierdie handjie vol se pyn in die wêreld?
Met die diepste respek en deernis met al my Afrikaner-medegenote; moet ek regtig my dogtertjie eendag in Irene se posisie sien?
Waar is die welvarende Afrikaner-besigheidsikone soos Whitey Basson?
Hoeveel sulke suksesvolle Afrikaners, dra nog hul Afrikanerskap in die wêreld uit?
In sy ode aan Magaret Thatcher, onder hoofde "Why South Africans owes a huge debt to the Iron Lady", staan Ou-President FW de Klerk se woorde omtrent die Afrikaner as volg: “How would Afrikaners and other whites be able to retain the right to national self-determination that had been the central theme of their history? Afrikaners felt just as strongly about this right as any other nation. They had twice defended it against Britain, the mightiest imperial power of the time. One must remember that the Anglo-Boer War was Britain’s largest war between the Napoleonic War and the First World War – involving the deployment of more than 400 000 imperial troops.”
Volgens FW de Klerk se woorde hierbo, is 'n wit Afrikaner iemand met 'n Voortrekkererfenis, en die Boere se verdediging teen Brittanje, ter harte.
Tydens FW de Klerk se oorgawe van die Afrikaner se onafhanklikheid en welvaart aan die ANC, het sy edele doktor Andries Treurnicht gewaarsku dat hy nie deel sal wees aan nog 'n Vereniging nie.
Geweldige armoede het destyds na die vredesooreenkoms by Vereniging, tussen die Boere en die Ingelse, by Afrikaners ontstaan - die hartseer en sogenaamde "armblanke vraagstuk".
Die Boere het destyds heel te verstane, hul wapens neergelê na die massamoord op hul weerlose Afrikanervroue en kinders deur die magtige Britse Troon.
FW de Klerk en sy Nasionale Party, het egter voor sportboikotte en kapitalistiese sanksies, wat bloot hul luukses en gerief bedreig het, geswig.
JA, wat 'n vieslike skande!
Slegs twee dekades na oud-president FW de Klerk se vredesooreenkoms met die ANC, hardloop Irene van Niekerk vandag vir goud met God aan't die hand - kaalvoet uit 'n plakkerskamp!
Was die boikotte wat ons ander kaalvoet hardloper, Zola Budd, moes verduur, regtig die Afrikaner se "vredesooreenkoms" met die ANC werd?
Waar gaan Irene van Niekerk, vandag dubbel burgerskap kry om haar uit haar omstandighede te red?
Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe en Irene van Niekerk seën.
Boeregroete,
Cornelius Henn

