Pretoria mag maar “Tshwane” heet,
“Boesman-”, “Hotnots-Holland”,
“Orania” gat ok swig, meegee,
nes Berlynse Muur, apartheid,
so, vóór begin, van Ultra-Stryd,
terugkeer, na mede-Menslikheid
wil Mens mos al eeue lank weet,
hoekom wil gelykheid nie werk,
kanti, eerste stap is Besinning,
stap twee is Gewete-Herwinning,
stap drie is integrasie, absorpsie,
aflegging van Self-destruksie,
afleer van onkunde-ontkenning,
struktuurgeweldskondisionering,
magslus, neo-kapitaalverslawing
Ultra-Stryd, dié van Oorlewing,
vannie sterkstes vannie sterkes,
superslimstes vannie slimmes,
nie “Duiwelspiek”-sikofante,
aanhangers van euwel nie
te lank leef Mens so in volslae afsondering,
wil glattie eens samewerking, ontwikkeling,
beproef, prakties in werking stel, probeer,
wil nie selfmoord-moordenaars, bedrieërs,
oor eg essensie van mede-Menslikheid leer,
hoe Mens Mens Self oorlogsugtig nog inhibeer
sal Mens Mens Self uit geweldsiklus moet bevry,
stryd versus sjatan glattie so maklik om te stry,
“Duiwelspiek”-heerser se verleiding byna perfek,
feitlik vervolmaak, ‘verdeel-en-heers’ pas sy saak,
lot van God se Eie Kend gat hy mossie oor traak
Jacobus Faasen

