"G'n plek vir 'n held nie" deur Jaen Rossouw

  • 0

G'n plek vir 'n held nie

Net nog ? probleem
Sopas goedgekeur deur meneer voel ? veer,
met ? valsnoot onder elke geldnoot
Sit solank daai ander CD in
draai dit tot op maksimum
Wag tot dit alles oorblaas en ons sal oorwin

REFREIN:
Hier doen ons dit op ons eie
niemand hier nodig redding nie
Hierdie is g'n plek vir ? held nie
hier hoef helde nie aan te meld nie
Hierdie is g'n plek vir ? held nie
Vlieg gerus verby
Hierdie is g'n plek vir ? held nie
Hierdie is g'n plek vir ? held nie

Hier is geweld ? vreemde woord
Net met vrede is almal aan boord
Maar soms steur ons ook die rus en vrede
dan drink ons net nog ? bier en sê ons was dronk

Halfpad op die lewe se leer word ons afgegooi
dan vat ons ? breek totdat die vleis ontdooi
Die onmoontlike is onmoontlik
wanneer jy onmoontlik is in moontlike tye
Alles is verowerbaar, verowerbaar is alles
Alles vat net tyd, maar tyd vat nooit alles

REFREIN

Eendag het ek oor alles gekla
alles maak my kwaad
alles maak my hartseer
Dat alles te moeilik is
En dat alles raak te veel
te veel om te hanteer
Daarna is ? braai gereël
Toe's alles weer oraait
Toe's alles weer okay

My meisie't my verneuk
my hart in twee gebreuk
Die lewe was onsinvol en verby
toe't ek en Johnny ? pie gaan kry
Toe's alles weer okay
Toe's alles weer oraait

REFREIN (x2)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top