Vir die eerste keer sukkel ek om 'n gedig te skryf
Ek sukkel om die woorde te kry om haar te beskryf
Haar ligte groen oë wat donkerder kan raak
Haar glimlag ... Haar glimlag wat joune groter sal maak.
Ek kry die gevoel van somer as ek saam haar is
Saam haar verbeel ek die son se strale na 'n goeie aand rus
Sy gee jou soveel hoop en motivering
Dan kom jy agter dat lewe net positiewe goed inbring
Ek is lief vir haar, met my hele hart
Ons altwee stap een pad,hand aan hand
Ons loop sonder enige twyfel, sonder enige hartseer
En as ek Sondae huis toe gaan wens ek ek sien my glimlaggende engel-lief gou weer.

