"Glimlag reënboog" deur Juan Theron

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vers 1:
Ek skuif my aandag na die ruit
En sien 'n figuur deur my wasem
Haar gesig maak my smag
Na 'n tweede asem

Ek skryf twee sinne dan is als weg
Dit voel so sleg as ek nie by jou kan wees nie
My onafhanklikheid maak my bang
Jy’t gesê jy kan my elke dag vang
As ek val vir jou, teëspoed uitgewis
Vang my, vang my
Perfek is wat jy is

Refrein:
Kyk hoe glimlag die reënboog saam jou
As jou skater tot die son op sy plek hou
Hoor hoe huil die sterre saam jou
As jou trane maak dat die see van die vissies hou

Vers 2:
Bring jou tassie, sit jou hele hart in
Nou bring dit vir my want jy sal als kan kry
Wat jou hart begeer ek sweer
Teëspoed uitgewig
Perfek is wat jy is

Refrein:
Kyk hoe glimlag die reënboog saam jou
As jou skater tot die son op sy plek hou
Hoor hoe huil die sterre saam jou
As jou trane maak dat die see van die vissies hou (x2)

Bridge:
So ek kruis my hart en hoop ek sterf
Deur jou liefde en genade weet ek eks bederf
En jy wag vir my net om seer te kry
Sodat jy my uit die duister uit kan lei

Ek skyf my aandag na die ruit
En sien 'n figuur deur my wasem
Haar gesig maak my smag ...

Refrein:
Kyk hoe glimlag die reënboog saam jou
As jou skater tot die son op sy plek hou
Hoor hoe huil die sterre saam jou
As jou trane maak dat die see van die vissies hou (x2)
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top