Geskryf vir: Straatligkinders
In die oggend as ek opstaan met ’n glimlag op my gesig
Sê ek dankie vir liewe Jesus vir nog ’n dag wat Hy vir my gegee het
Om myself te wees, om dit aan te gryp en om net die beste te maak van elke oomblik
Ek is vrolik vandag (soos elke dag)
Loop tot by jou (loop tot by jou)
En ek gee vir jou ’n high 5
Ek gee vir jou ’n high 5
Jy dink miskien, ek glimlag te veel
Maar ek wil so graag, dit met jou deel
Want ’n glimlag is aansteeklik
’n Glimlag is aansteeklik
Refrein:
Dit voel of ek op die wolke sweef
Dit voel of ek op ’n reënboog dans
Want hier in my hart is daar net vreugde
Hier in my hart is daar net vrede
Ek kan sien hoe die son vir my oogknip
En hoor hoe die maan vir my sing
Ek spring op en af, draai in die rondte
Dis lekker om vriendelik te wees
Ons almal moet leer om te vergewe
Maak ‘n verskil in iemand se lewe
Gee vir haar ‘n high 5
Gee vir hom ‘n high 5
Jy dink miskien ek is te gelukkig
Onthou liefde wen, hanteer dit versigtig
Want liefde is mooi
Liefde is mooi
Refrein:
Dit voel of ek op die wolke sweef
Dit voel of ek op ’n reënboog dans
Want hier in my hart is daar net vreugde
Hier in my hart is daar net vrede

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

