wyl kapitaal se “ras”-, “klas”-verwarring verwoed woed, soos struktuurgeweldswinde,
vol vuil, stink afval, vrot riool, Graad Drie-“Duiwelspiek”-siek, virus ingewerk, gemaai,
edukasie-uitkoms, onvoorbeeldig rolmodel, gatoorkoplik, neo-wetenskaplik geswaai,
ná najaag van Self-destruksie, bedroglik aanvaarding van leuen, ná ontkenningskunde
gemeenskapsleiers organisatories deur misdadigers gemanipuleer,
af en toe ’n eiertjie innie nes, ekstratjie, as sekuriteit versus vrees,
jeugdiges van vroeg af van eie waardigheid, Self-respek weggekeer,
submissief, selfs meer demonies as opperhoofdemoon self wil wees
skaaf perfeksioniste perfeksionisties aan Self-destruktiwiteit,
probeer selfs, Self-oortuigend, dié motief rasioneel verklaar,
beste, lat Mens Mens agter “Duiwelspiek”-dissipelskare skaar
God se Bestaan ontken, afgelag, asse illusie, van Lewe Twee,
van Self-bevryding, post-Gewete-herwinning, post-Besinning,
ai, kapitaalkoppe te onfiks vir’T, vir fiksstes se Ultra-Oorlewing
Jacobus Faasen

