"Gister" deur Franz Dullaart

  • 0

Gister

Daar is ’n verre land,
’n Land van lief en leed,
Waarvan ons veels te veel onthou,
En bitter min vergeet.

Daar is ’n verre land,
In ruimte en in tyd,
En soveel wat ons daarin doen,
Lei net tot selfverwyt.

Daar is ’n verre land,
’n Land van spieël en glas,
Die stempels in ons paspoort wys
Dat ons eens burgers was.

Na daardie verre land
Bestaan geen roete meer,
Paspoort en visum het verval,
En daar is geen terugkeer.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top